2007-01-25

Path: /Published/Beeld/2007/01/25/B2/Texts/tnjleeuloop.xml Creator: system Last Modified by: system Print Chanal: Beeld Edition: B1 Publication Date:

Cassie Carstens se reaksie op die Leeuloop-liedlie wat skielik in 'n geestelike gedaante verskyn het.

Die “Leeuloop” het ook Christelike woorde gekry.
Dít het gister aan die lig gekom ná aanleiding van ’n artikel oor die neiging om gewilde sekulêre liedjies – soos Steve Hofmeyr se “Die Blou Bul” – te “bekeer” deur dit woorde met ’n Christelike boodskap te gee.
Ds. Cassie Carstens, voorsitter van die eindredaksie van die Liedboek van die Kerk, het gesê die gehalte van sulke musiek is gewoonlik laag. Hy het ook die vrees uitgespreek dat iemand dit met Robbie Wessels se “Leeuloop” gaan doen.
Gister het ’n leser laat weet dat Christelike woorde vir die “Leeuloop” al sedert Oktober per SMS die ronde doen.
Dit word “Jesus se Regloop” genoem en gaan so:
As jy wil weet wat die Regloop is, en weet waar die Regloop rus . . .
Die duiwels is baie verleidelik, maar die Woord gaan jou stap-stap verduidelik . . .
Een, twee hande in die lug. Prys die Here, want Hy het ons sonde vergewe.
Buig voor GOD onse VADER, laat ons almal in SY Naam vergader.
Bring julle vriende & laat ons voor HOM getuig.
Nuut gebore . . . Verlore, Nuut gebore as jy wil,
Solank jy net REGLOOP!
Carstens se eerste reaksie toe hy dié woorde gister hoor, was: “Ai toggie.”
Oor die feit dat die woorde blykbaar net per SMS versprei word en sover bekend nie in eredienste gebruik word nie, het Carstens gesê: “Dit sal kom, don’t you worry.”
Hy bly by sy siening dat dié soort musiek van geestelike armoede getuig.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home