Geweld skaad dié wat dit soek
Allan Boesak se mening oor Saddam Hoesein se teregstelling.
In die VSA vaar die gesteelde foto’s van die tereggestelde Saddam Hoesein se lyk blykbaar goed.
Die kort video waarop hy op pad galg toe uitgeskel word, is net so ’n treffer.
Kennelik is daar baie Amerikaners wat hulle verlustig in dié laaste beelde van die afgestorwe diktator. ’n Vriend laat weet dat hy hieroor nie verbaas is nie, maar wel geskok dat so baie Amerikaners hierdie makabere tydverdryf skynbaar “onsmaaklik” vind.
Hulle juig wel oor Saddam se dood, maar wil dit liewer nie sien nie. Hulle verheug hul in die “wraak van die geregtigheid”, maar wil self nie daarmee besmet wees nie.
My vriend is self al jare lank ’n skerp Christelike kritikus van die VSA se buitelandse én binnelandse beleid, en ek voel vir hom.
Die kritici se getalle is nou aan die groei, maar nie so lank gelede nie was mense soos hy maar eensaam.
Pres. George W. Bush self vind die verhoor “regverdig”, “verwelkom” die teregstelling, maar onder druk wens hy dat dit liewer “meer beskaafd” kon plaas vind.
Ek moet sê, dié logika ontgaan my totaal.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home