2007-01-12

Die Burger

Anton van Niekerk, hoogleraar in filosofie by die Universiteit van Stellenbosch, se reaksie om briewewissling in Die Burger oor Noag se ark.

Hoeveel kan ’n mens glo van die verhaal van Noag en al die diere wat hy in die ark moes kry voor die vloed wat in Genesis beskryf word? Hoe letterlik moet die Bybel gelees word? vra Anton van Niekerk.

DIE gesprek die laaste paar weke in Die Burger se briewekolomme toon onmiskenbaar hoeveel verwarring onder gelowige Suid-Afrikaners bestaan oor die vraag hoe die Bybel verstaan moet word en in watter sin die Bybel gesag het in die lewe van die kerk. Dié debat sal nie weggaan nie.

Gewone gelowiges is te lank deur die kerkleiding hieroor in die duister gehou of wysgemaak dat simplistiese formules soos “die Bybel is God se Woord” en “die kerk mag net doen wat die Bybel vereis” alle vrae sal beantwoord.

Ons moet ophou om Jan Publiek se intelligensie te onderskat. Ook die Afrikaners beleef, uiteindelik, hul Verligting, en hul vrae oor hierdie saak sal nie minder word nie.

Aangesien ’n onlangse boek van my (Geloof Sonder Sekerhede, Lux Verbi) meegehelp het om die tonge weer hieroor los te kry, maak ek hieroor ’n paar opmerkings (’n verwerking van hoofstuk 2).

Ons behoort eerstens te verstaan dat die Bybel slegs as “een boek” bestempel kan word as gevolg van ’n bewuste besluit wat, vroeg in ons Christelike jaartelling, deur ’n groep mense geneem is.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home