2007-01-25

Beeld

En daar kry die De la Rey-liedjie toe sommer ook nuwe woorde!

Dis nie Generaal de Rey wat tot Suid-Afrika se redding gaan kom nie, maar die hemelse Generaal op sy wit perd.

Dis ook nie net die Boere wat sy hulp nodig het nie, maar die hele land se mense.

Dit is die boodskap van ds. Jannie Pelser, predikant van die NG gemeente Rant-en-Dal, met die geestelike woorde wat hy vir Bok van Blerk se trefferlied “De la Rey” geskryf het.

In ’n stikdonker uur, hoop is verydel en ver

En gebrokenheid traan uit die oë, van mense in huise, op straat

En my kind en my vrou, onveilig geknou, vra het God ons verlaat?

Maar die Woorde van God roep ons nou, hier tot geloof.

Refrein:

Seun van God, Generaal, ons roep in geloof, Here God, Generaal

Hemelse Generaal, soos een man sal ons U vertrou, Jesus ons Generaal.

En die vyand mag lag, ’n handjie van ons teen ’n hele groot mag,

Maar hul knieë sal buig voor die Seun, dis nog nie verby.

In die hart van geloof, oorwinning verseker, almal sal dit nog sien.

Op sy perd kom Hy aan, Ruiter, ons aanbid u Naam.

Refrein:

Seun van God, Generaal, ons roep in geloof, Here God, Generaal

Hemelse Generaal, soos een man sal ons U vertrou, Jesus ons Generaal.

Seun van God, Generaal, ons roep in geloof, Here God, Generaal

Eensgesind sal ons staan, vir die eer van u Naam, sal ons stry Generaal.

En my vrou en my kind se toekoms sal nie verdwyn

Want die vyand se mag is gebreek en ons Lig sal weer skyn.

Refrein:

Seun van God, Generaal, ons roep in geloof, Here God, Generaal

Hemelse Generaal, soos een man sal ons U vertrou, Jesus ons Generaal.

Seun van God, Generaal, ons roep in geloof, Here God, Generaal

Hemelse Generaal, soos een man sal ons U vertrou, Jesus ons Generaal.

U is ons Generaal, op die wit perd sal U ons kom haal.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home