2006-11-30

Kerk moet veg vir vroue, kinders

Elsje Büchner se Godsdiens-aktueel artikel in die Beeld van Maandag.

Die lug is reeds vol Kersfees- vierings, maar daar is ongelukkig twee ander datums op die kalender wat hier aan die einde van November en begin Desember “gevier” word.

Ek kan nie anders as om “vier” tussen aanhalingstekens te skryf nie, want dit is twee somber datums en allermins datums waarop daar fees gevier kan word.

Dit is eerder dae waarop die wêreld bewus gemaak word van groot gebrokenheid te midde van hierdie feestyd.

Wêreldvigsdag is op 1 Desember en geniet baie aandag in die media en ander sektore.

Dit is oor die ander tydperk waaroor ek wil praat.

Van 25 November tot 10 Desember is ’n 16 dae lange veldtog teen geweld teen vroue en kinders.

Hoe ironies is dit nie?

Vroue en kinders is só onveilig dat daar ’n veldtog moet wees om mense van hierdie stuk ironie bewus te maak en te vra dat dit moet stop – en dit gedurende die Kersseisoen!

2006-11-23

Path: /Published/Beeld/2006/11/18/B1/Texts/durand.xml Creator: system Last Modified by: lklootwyk Print Chanal: Beeld Edition: B1 Publication Date: 20

Dr Francois Durand, paleontoloog verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, se mening oor geloof en ewolusie.

Durand se navorsing oor evolusie het hom al baie kritiek en selfs dreigemente van godsdienstiges en konserwatiewes besorg.
“Daai mense het ’n baie eng begrip van wat aangaan. Dit is nie ’n kwessie van glo jy in evolusie, of nie. As jy glo in ’n skeppergod, moet jy glo God het alles geskape, insluitend aapmense. As jou wêreldbeskouing nie alle bewysbare feite kan akkommodeer nie, is iets inherent verkeerd daarmee.”
Oor sy geloofsoortuigings wil hy nie veel uitwei nie. “Glo is om te aanvaar wat jy nie kan bewys nie. Weet is om te aanvaar wat jy kan bewys en hoop lê iewers tussenin.”

2006-11-22

Are the Popular Methods of Doing Church Working?

Wat beteken dit regtig om kerk te wees? Brad Hightower poog 'n antwoord.

The church growth method of serving up spectacular church services with great professional music and slick lean sermons has only served to produce spectator Christians whose only understanding of mission is to bring people to the spectacle.

Noag sy ark kwyt – hy ry nou in ’n boot

Die Nuwe Lewende Bybel is op 21 November bekend gestel.

N ou vaar Noag nie meer  met ’n ark deur die groot  vloed nie, hy ry met ’n boot.
Dís een van die lesersvriendelike vertalings in die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) van die Bybel wat gister in Pretoria deur die Christelike Uitgewersmaatskappy (Cum) bekend gestel is.
Mense weet nie meer wat ’n ark is nie en daarom het hulle besluit om liewer van Noag se boot te praat, het prof. Wil Vosloo, redakteur vir die vertaling van die Ou Testament, verduidelik.
’n Voetnoot verwys wel daarna dat Noag se boot soms ’n ark genoem word.
Prof. Andrie du Toit, redakteur vir die Nuwe Testament, sê twee goed was vir hulle belangrik: Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid.

The Dawkins Delusion?

In sy jongste rubriek in Beeld, ontmasker Wilhelm Jordaan die wetenskapskrywer Richard Dawkins se strooipopargumentvoering in sy boek, The God Delusion.

In sy jongste boek, The God delusion, sit die evolusionêre bioloog Richard Dawkins sy jare lange veldtog teen godsdiens voort. Soos die woord “delusie” aandui, is geloof in God vir hom ’n waanbeeld – iets wat gevaarlik is omdat dit mense mislei.
Bloot daaraan geoordeel, sal sommige godsdienstige mense by voorbaat Dawkins se opvattings ignoreer. Dit sal jammer wees, want dit is die moeite werd om Dawkins se werke te lees ter wille van gesprek oor geloof en wetenskap.
In ’n neutedop: Dawkins het dit wesenlik teen fundamentalistiese godsdiensvariasies – soos kreasionisme wat die Bybel letterlik vertolk en glo God het die aarde 6 000 jaar gelede in ses dae geskep; dat elke spesie afsonderlik geskep is en ongerep gebly het. Kreasionisme verwerp die evolusieleer wat berus op gestadigde natuurlike seleksie en mutasie tussen lewensvorme oor miljarde jare.
Dawkins toon oortuigend aan hoe letterlike vertolkings van die Bybel tot ’n barbaarse godsdienstige moraliteit lei.
Hy reken die goeie wat uit godsdiens kom, is te weinig om op te weeg teen die kwaad daarvan.
Maar deur sy versuim om ontwikkelings in teologiese denke – wat ’n letterlike lesing van die Bybel teenstaan en geloof en wetenskap probeer versoen – te verreken, stel hy die spreekwoordelike strooipop op en vernietig dit.
Vir baie gelowiges werk die versoening van geloof in God en evolusie ongeveer só: Ons aanvaar die evolusieleer. Ons verwag bioloë sal nog méér bewyse verskaf oor hoe lewe evolusionêr deur natuurlike seleksie ontwikkel het. Dit is opwindende kennis.
Wanneer ons bely God is die skepper van alle dinge, probeer ons nie dít wat die bioloë bevind, wegverklaar nie. Ons kies ook nie die maklike uitweg deur te sê God hét deur natuurlike seleksie geskep nie, want ons weet dit nie. Ons kan God se bestaan, aard en werkwyse nie bewys nie en wil dit ook nie doen nie.
Die geloof dat God is wat Hy is, is ’n keuse wat ons maak om sin te gee aan alles wat ons verstaan van onsself, ander mense, die wêreld en die heelal – dat daar, buite ons bevattingsvermoë, ’n ontvouende geheim is wat ons God noem en wat ons met verwondering en lewegewende krag vul.
Die frase “buite ons bevattingsvermoë” is belangrik.
Juis omdat Dawkins, wat hom beroep op bewysplase as die enigste manier om die bestaan van iets aan te toon, dit nie konsekwent kan doen nie.
En dan buite sý bevattingsvermoë bespiegel.
Só byvoorbeeld aanvaar hy, sonder bewyse, die bestaan van ’n oorspronklike, eerste toestand (primeval soup) waarin materie gedryf en lewe spontaan ontstaan het uit toevallig chemiese verbindings.
En hieruit kom die evolusie van lewe wat wetenskaplik beskryfbaar is.
Só gesien, het die geloof dat God die begin van alle dinge is, en die aanvaarding dat primeval soup die eintlike begin is, wesenlik dieselfde onbewysbare status.
Anders, en speels, gesê: Gelowiges kies die “waanbeeld” God as die singewende beginsel van hul bestaan.
En Dawkins kies die “waanbeeld” primeval soup as ’n hipotese wat aan sy navorsing rigting gee.
)  Wilhelm Jordaan is ’n buitengewone professor in sielkunde by Tuks.

NG Kerk ‘moet huiswerk doen’

Uit die terugvoer wat uit die onderskeie streeksinodes ontvang is, blyk dit dat kerkeenheid nie allerweë positief bejeen word nie.

Die NG Kerk moet baie goed huiswerk doen oor wat die Bybel sê oor kerkeenheid, want dis baie belangrik vir lidmate.
Só het dr. Coenie Burger, moderator van die NG Kerk, vandeesweek gesê nadat die moderamen terugvoering gekry het oor lidmate se reaksie op die kerkherenigingsproses.
Uit die terugvoering van die moderators van die verskillende streeksinodes het dit duidelik geblyk dat die energie vir kerkeenheid in groot dele van die NG Kerk baie laag is. Terwyl daar plekke soos die Oos-Kaap is waar die oorgrote meerderheid van die ringe “baie positief” is oor die proses, het verskeie van die streeksinodes se moderators kwessies genoem waaroor lidmate ongelukkig.

‘NG Kerk, VGK moet grondeise saam pak’

VGK meen hulle kan help met grondeise.

Die NG Kerk moenie die probleem wat grondeise vir sy lidmate inhou, alleen aanpak nie, maar saam met die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK), sy swart susterkerk.
Só meen prof. Thias Kgatla, die VGK se moderator. Kgatla sê die kerke moet keer dat grondeise ’n swart-wit-kwessie word.
Dít kom nadat terugvoering uit verskeie streeksinodes van die NG Kerk laat blyk het dat die onsekerheid wat grondhervorming op die platteland skep, lidmate ook negatief oor kerkeenheid laat dink.

Misdaad kwel kerkleiers

Kerke maak hulle stem dik teen misdaad

’N Wye spektrum van  kerkleiers het die re- gering gister tot verantwoording geroep oor misdaad en geweld.
’n Verklaring van 31 kerk­leiers wat byna al die land se grootste kerke verteenwoordig, sê onder meer die regering dra die primêre verantwoordelikheid vir die stryd teen misdaad.
Hulle vra spesifiek vir pres. Thabo Mbeki as regeringshoof om duidelike leiding hierin te neem.
Die verklaring volg op ’n vergadering van kerklui byna ’n maand gelede oor misdaad en geweld in die land. Hulle wou daarna ’n dringende ontmoeting met Mbeki reël, maar kon dit tot dusver nog nie regkry nie.

Mandela volg in voetspore van Jesus, sê Metodiste

'n Huldeblyk aan Madiba deur die Methodiste Kerk.

“As daar ooit ’n man was wat in die voetspore van Jesus Christus geloop het, was dit dié man, Nelson Rolihlahla Mandela.”
Só sê die Metodistekerk van Suid-Afrika (MKSA) in ’n huldeblyk aan Mandela, self ’n Me­todis, wat die leiers van dié kerk onlangs aan hom oorhandig het.
Dimension, die maandblad van die Metodistekerk, berig dat ’n groep leiers van die MKSA, die Black Methodist Convention en die Metodistekerk van Brittanje Mandela besoek het. In die huldeblyk wat aan Mandela oorhandig is, word ’n kort oorsig oor Jesus se lewe gegee met ’n soortgelyke oorsig oor Mandela s’n daarna. Die teks, in Afrikaans vertaal, lui:
“Net meer as 2 000 jaar gelede is ’n kind gebore. Dié kind het ’n man geword en sy roeping vervul. Hy het ons baie goed geleer. Om mekaar lief te hê, om die waardes van geloof, hoop, genade, medelye en barmhartigheid na te streef.

'n Meewarige kopskud

'n Meewarige brief van 'n meewarige lidmaat.

In Neels Jackson se berig NG Kerk ‘moet huiswerk doen’ (9 November) verwar drie dingetjies dié Kerk se lidmaat verder.
Eerstens sê ons moderator, dr. Coenie Burger, kerkeenheid is nie deel van die wet van God nie, maar dis deel van die evangelie.
Tot nou is hierdie leuen voorgehou as ’n onteenseglike Bybelse waarheid en voorskrif.
Tweedens lees Burger in sy lidmate se oë dat hulle kan sien kerkeenheid moet gebeur.
Dit, dr. Burger, is wat san­gomas doen – rasionele mense sê en beredeneer dinge waaroor hulle duidelikheid wil hê.
Derdens speel die moderator ’n politieke kaart deur te sê dit lyk soms vir hom of lidmate kwaad is vir die ANC en dan haal hulle dit op die Verenigende Gereformeerde Kerk uit deur te weier om met dié kerk een te word.
Bovermelde is tekenend van die dilemma waarin die moderamen hom bevind omdat hy nooit vasgestel het hoe die Gees sy lidmate lei nie – en dit nogal tydens die veel geroemde “seisoen van luister”. Oor hierdie paniekuitsprake moet ’n mens seker maar net met verbasing en meewarigheid die kop skud en glimlag.
Maar ons wat lief is vir ons kerk sal soos ds. Johan Raubenheimer van Potchefstroom-Noord, ons “klere skeur” en ons in bewoënheid voor ons lewende God “klein maak”.
Die moderamen moet dit dalk ook oorweeg.

) Lampies Cornelius, Pietermaritzburg

2006-11-20

TIME.com: Today's Nun Has A Veil--And A Blog -- Nov. 20, 2006 -- Page 1

'n Hernude belanstelling onder jong vroue om nonne te word.

For the iPod generation, it doesn't get more radical than wearing a veil. The hijab worn by traditional Muslim women might have people talking, but it's the wimple that really turns heads. And in the U.S. today, the nuns most likely to wear that headdress are the ones young enough to have a playlist.

Over the past five years, Roman Catholic communities around the country have experienced a curious phenomenon: more women, most in their 20s and 30s, are trying on that veil. Convents in Nashville, Tenn.; Ann Arbor, Mich.; and New York City all admitted at least 15 entrants over the past year and fielded hundreds of inquiries. One convent is hurriedly raising funds for a new building to house the inflow, and at another a rush of new blood has lowered the median age of its 225 sisters to 36. Catholic centers at universities, including Illinois and Texas A&M, report growing numbers of women entering discernment, or the official period of considering a vocation. Career women seeking more meaning in their lives and empty-nest moms are also finding their way to convent doors.

TIME.com: The Passion of the Pope -- Nov. 27, 2006 -- Page 1

Hoe Johannes Paulus II en Benedictus XVI van mekaar verskil.

With his blunt talk on Islam, Benedict XVI is altering the debate between the Muslim world and the West. On the eve of his visit to Turkey, TIME looks at the roots of the Pope's views--and how they may define his place in history

Beeld

Stephan Joubert se rubriek in Beeld se Godsdiens Aktueel.

‘Hulle keer die wêreld onderstebo!”

Só klink die aanklag van Tessalonika se inwoners teen die eerste Christene.

Wat hierdie aanklag merkwaardig maak, is dat Paulus volgens Handelinge 17 net drie weke in dié stad gewerk het voordat hy moes padgee.

Binne hierdie kort tydperk het ’n Christelike gemeenskap ontstaan wat die wêreld andersom laat draai het, soveel so dat hul opponente hulle met geweld wou stilmaak. Maar hierdie jong geloofsgemeenskap het koersvas volhard lank ná Paulus se vertrek.

Almal in hulle omgewing het van hulle geloof kennis geneem, soos wat Paulus in 1 Tessalonisense 1-2 vertel.

My eie frustrasie met die verhaal van die Christene in Tessalonika was dat ek lank nie die sleutels kon vind tot Paulus se leringe wat hulle van dag een af op die regte koers geplaas het nie. Hoe meer ek in 1 Tessalonisense gesoek het na antwoorde op Paulus se “gemeentebouprogram”, hoe minder het ek iets raakgeloop.

Die rede? Ek was op soek na tipiese dinge wat kerkwees vandag kenmerk – strukture, ampte, programme, ordes, en sulke dinge. Ek leef immers ná daardie groot ideologiese ingreep in die 4de eeu toe die Christendom staatsgodsdiens geword het. Van toe af het die instellings, tradisies en gebruike van die kerk in Westerse samelewings oorheers, nie noodwendig die Nuwe-Testamentiese Christendom se lewensveranderende norme en verhoudings nie.

Namate ek my kop agter die “keisergordyn” begin inkry het, het ek ’n paar eenvoudige sleutels in 1 Tessalonisense raakgeloop wat wys hóé Paulus effektiewe geloofsgemeenskappe gebou het wat deur dienende verhoudings en nuwe verhale oor Jesus hul omgewings ingrypend beïnvloed het.
Saam met die ABC van die Christelike geloof wat Paulus vir nuwe gelowiges geleer het, het hy hulle geleer dat hulle voltydse navolgers van Jesus is; mense wat hulle nuwe identiteit in woord en daad uitleef. Paulus het kerkwees verstaan en ingerig in terme van ’n nuwe familie van gelowiges waarbinne onderlinge lojaliteit van kardinale belang is. Gelowiges moes oop harte en oop hande vir mekaar hê, so ook vir almal om hulle. Geestelike leiers het hul eie rol in familiale terme verstaan, soos wat Paulus in 1 Tessalonisense 2 doen as hy homself as ’n vader en ’n dagmoeder voorhou wat gelowiges onderrig deur sy voorbeeld en onvoorwaardelike liefde vir hulle. Titels of posisies was nie beslissend nie, diens en persoonlike voorbeeld wel.

Die Pauliniese gemeentes se samekomste het plaasgevind in woonhuise, nie in eksklusiewe godsdienstige geboue nie. Dus het gelowiges geen kunsmatige skeiding tussen geloof en die “regte lewe” geken nie. Geloof was ’n nuwe, dag-tot-dag manier van leef!

Dalk moet kerke wat op soek is na outentieke lewe weer ’n slag agter die 4de eeuse “keisergordyn” gaan kuier.

Wie weet, dan draai die wêreld hier aan Afrika se suidpunt moontlik ook andersom!

Kerk en staat

André van Niekerk se rubriek in Saterdag se Beeld.

Sommige Christene is ontsteld oor die wettiging van gay-verbintenisse, ander nie.

Ons sal mekaar se reaksies beter begryp as ons die verskillende benaderinge tot die kerk-staat-verhouding insien.

Binne die Protestantse geloofsfamilie kom dit kortliks hierop neer:

# Vir Luther het Christus ons vrygemaak van die Ou Testamentiese wet. Daarom vervul die vrygemaakte verstand (vergelyk Rom 12:2) ’n groot rol in meningsvorming.

Lutherane is daarom geneig om gemakliker as ander met onderskeidings te werk: ’n Vaste verbintenis tussen gays is vir die samelewing veel beter as los verhoudings.

# Vir Calvyn het Christus ons nie van die wet losgemaak nie maar van sonde. God se vergewende liefde in Christus is nie soos by Luther die hoofsaak nie, maar God se eer (Klaus Nürnberger).

God se wil vir alle fasette van lewe sou steeds uit die Bybel se wettiese gedeeltes afgelei kan word. Die kerk moet die staat help om God se wil na te kom. Omdat daar Bybelgegewens teen homoseksuele aktiwiteite van destyds is, meen mense van hierdie benadering dat die staat nie gay-verbintenisse mag goedkeur nie.

Nóg Luther se onderskeid tussen staat en kerk (“twee ryke leer”) nóg Calvyn se ideaal van God wat deur die staat regeer (teokrasie) het egter die godsdienstige regverdiging van regerings se magsmisbruik gekeer.

Inteendeel.

Die Westerse wêreld het met goeie rede vir ’n sekulêre staatsbestel gekies. Dit verminder heilige oorloë. As landswette se mensgemaaktheid erken word, kan dit ook deur mense verbeter word.

Die kerk se openbare rol moet egter behoue bly. Die implikasies van liefde en geregtigheid moet steeds op krities-lojale wyse ook teenoor die staat bekend gemaak word.

Deur André van Niekerk

2006-11-14

Star-Telegram | 11/13/2006 | An empty shell of faith?

Die skrywer van hierdie artikel het beslis 'n punt beet ...

"Christianity today often resembles an egg into which someone has poked a hole and sucked out all its contents," writes author Richard Smoley, "and then taken the shell, encrusted it with gold and jewels, and set it up as an object of veneration. In many ways, it remains a beautiful shell, but more and more people are finding that it no longer offers any nourishment."

Indeed, there is a growing sense that somewhere between the time that Christ walked the earth and the church of the present day, a vital part of Christianity has been lost. In its place is a brand of religion that bears little resemblance to the teachings of Jesus Christ.

Osteen is far from unusual in his embrace of wealth. The Trinity Broadcasting Network's Paul and Jan Crouch epitomize what it means to wallow in materialism. Founded by this husband-and-wife team, TBN, which claims nearly all the top names in its stable of televangelists, has used the prosperity gospel as its bedrock selling point since its inception in 1973.

Over the years, the Crouches, who own numerous homes across the country, have raised millions through telethon fundraising and regular appearances by popular personalities such as Creflo Dollar. Dollar, pastor of World Changers Church International, has several Rolls Royces, private jets, a million-dollar home in Atlanta and a $2.5 million Manhattan apartment.

So what are the lessons in all this? The most important is that spirituality quickly drowns in materialism.

Can we really practice true Christianity when we worship in lavish churches while several blocks away people are starving?

When the rich young ruler came to Jesus and asked what he needed to do to become a disciple, Christ instructed him to give all his possessions to the poor. Christ told his followers that there were certain basic steps in being a disciple -- deny oneself and "take up the cross." This means repudiating a materialistic lifestyle and identifying with the suffering and downtrodden.

2006-11-09

Spirits walk with me : Mail & Guardian Online

As tussen 60% en 80% van die mense in Suid-Afrika tradisionele gesondheidspraktisyns besoek, is ons regtig 70% Christene?

Traditional healers are categorised into four main groups: sangomas, who are diviners; izinyanga, who are herbalists or traditional doctors; ababalekisi, traditional birth attendants; and ingcibi, traditional surgeons, according to the Department of Health.

There are approximately 300 000 traditional health practitioners currently working in the country, and 60% to 80% of the population consult them regularly, the department estimates.

"Traditional medicine has been utilised by the South African populations since time immemorial, long before the scientific allopathic medicine," says Rose Mdlalose, director of human resources in the Health Department.

African traditional healing is greatly entwined with the spiritual, ancestral realm. "They are similar to the American Indian medicine man or shaman," says University of South Africa (Unisa) Professor Anthony Minnaar, who does research into traditional healers.

Article - Life - Is Christianity under attack?

In hoe 'n mate word die Christelike geloof in Amerika aangeval? 'n Paneelbespreking.

Is Christianity under attack?

Certainly a segment of the nation's evangelical Christians have been making it clear they believe it is. Last year some evangelicals fielded a campaign against what was described as a "war on Christmas." More recently, there's been an outcry against perceived pop media jabs at the faith on TV or in films such as "Jesus Camp,"Others disagree that Christianity has been singled out for particular scorn.

A few days ago, the Rev. Carolyn Bohler, pastor at Aldersgate United Methodist Church in Tustin, Pastor Chuck Smith of Calvary Chapel Costa Mesa and Jen'nan Read, a professor of sociology at the University of California, Irvine got together at the Register to tackle the question:

Do you believe Christianity is under attack in the United States and if so, by whom?

2006-11-06

Kerke se eredienste geresenseer

Nog 'n stappie in die rigting van komersialisering van godsdiens?

Www.shipoffools.com, ’n Britse webwerf, het ’n internasionale lys van resensies van eredienste wat vir ’n kerksoeker waarskynlik ’n handige bron van inligting kan wees.

Dié resensies is oor kerke in Engeland, Skotland, Wallis, die VSA, Kanada, Frankryk, Spanje en selfs die Filippyne, maar ongelukkig word Suid-Afrikaanse kerke nie op die webwerf “geresenseer” nie.

Die diens word gebied deur ’n groep van sogenaamde mystery worshippers wat die dienste onaangekondig bywoon en ’n voorgeskrewe lys vrae daaroor beantwoord.

Dit dek kwessies soos hoe vol die kerk was, die atmosfeer voor die diens, hoe gemaklik die kerkbanke is, goed wat jou aandag van die erediens sou aftrek, die boeke en musiekinstrumente wat gebruik is en ook die lengte en inhoud van die preek.

Die resensent spreek hom/haar ook uit oor die gehalte van die preek, oor watter deel van die diens soos die hemel was en wat soos die ander plek, oor die koffie ná die diens, hoe dit sou voel om dié kerk jou gereelde plek van aanbidding te maak en of die diens jou bly gemaak het om ’n Christen te wees.

Dié geheime resensente is klaarblyklik goed ingeligte Christene wat met begrip en humor oor hul ervarings verslag doen.

Só lees ’n mens dat Sally Kerson se preek op 4 Junie vanjaar in St. John’s in Noord-Baddesley, Hampshire, Engeland, duidelik en goed gelewer is.

Sy kry ’n punt van 7 uit 10, maar kon volgens die resensent 8 gekry het as sy meer oogkontak met die gemeente gemaak het.

Die ou houtbank was baie gemaklik vir ’n uur, maar die dooie spinnekop wat bokant die resensent se kop van die galery gehang het, het die aandag afgetrek.

In die gemeente St. Peter and the Holy Rood in Skotland was die sitplek redelik gemaklik vir ’n houtbank en het die kerkgangers genoeg opgestaan en weer gaan sit tydens die diens sodat niemand te lank ongemaklik sou gewees het nie.

Die webwerf se resensiestelsel moes egter onlangs hersien word nadat ’n priester wat blykbaar redelik ongewild by sy gemeente is, uitgevang is dat hy twee gloeiende resensies oor homself onder ’n skuilnaam geskryf het.

Daar word dus nou baie deegliker beheer oor resensente uitgeoefen.

Wantroue vreet aan land se siel - Beeld

Coenie Burger se artikel in vanoggend se Beeld.

In gesonde samelewings en gemeenskappe speel onderlinge vertroue ’n sleutelrol.

Is die vertroue daar, raak ’n klomp dinge moontlik en selfs maklik. Is dit nie daar nie, raak amper alles moeiliker.

Dit is daarom nie vreemd dat ’n hele aantal bekende sosiale filosowe – onder andere Fukuyama, Sztompka, Luhmann en Seligman – diepsinnige studies daaroor geskryf het nie. Op verskillende maniere erken hulle almal dat die vermoë tot vertroue ’n wesenlike rol in die lewe van samelewings speel.

Die sielkundige Erik Erikson vat dit nóg ’n treetjie verder as hy sê dat basiese vertroue ook vir mense se persoonlike gesondheid en geluk van deurslaggewende belang is.

Ek het dit die afgelope paar maande by meer as een geleentheid weer self ervaar. Ek was in een of twee situasies waar ’n mens kon sien hoe wantroue en agterdog ’n gemeenskap afbreek en vergiftig en alles wat jy hoop om te doen, oneindig moeilik maak.

Ek het gelukkig ook die ander kant beleef. As ’n mens bewus is van die belangrikheid van vertroue en daaraan werk, is jy verbaas oor wat kan gebeur. Dit is noodsaaklik dat ons bewustelik oor die saak van vertroue dink en praat, want dit word ’n al hoe groter probleem in ons land.