2006-10-29

Die jong siel van die kerk

Hierdie artikel in vandag se Rapport is tekenend van skuif in die samelewing van modernisme na postmodernisme. Die skrywer(ster?) koppel dit aan geslag, maar dis eintlik lankal nie meer 'n geslagskwessie nie. Moreletapark gaan nie nog lank daarin slaag om die jeug te hou nie aangesien dit in wese nog 'n modernistiese kerk is - daar is egter tekens dat hulle besig is om aan te pas.

En ek vra jou nou, dominee, wat de hel nou, sing ddisselblom in die liedjie Hoekom?.

En almal weet wat dink Fokofpolisiekar van God.

Die NG Kerk verloor sy jeug, word ’n grys kerk, sê ds. Johann Symington, die kerk se direkteur van kommunikasie onlangs op die Hoëveld-sinodesitting.

“Julle sê daar is nie jeug in die kerk nie, maar ek sê vir julle dis. . . bollie,” het die 18-jarige Zamo Mashinini van Kiblerpark hom pront geantwoord.

En nog ’n 18-jarige, Emile Ferreira van Kempton Park, het opgestaan en terstond sy swart pak en wit das, simbolies van die “ou kerk”, uitgetrek om die oranje T-hemp daaronder te wys.

Die kerk is dus dalk nie so grys soos Symington meen nie. Rapport het in elk geval ná die sinodesitting genoeg van die nuwe, polsende jong hart van die NG Kerk raakgeboor om ’n mens te oortuig dat rooi dalk die nuwe grys is.

Sekerlik, sê ds. Kobus Kok, jeugpredikant van Kempton-Hoogland, musiek soos dié van ddisselblom en die jonges se kleredrag wys hulle is moeg vir pretensie. Hulle wil nog kerk toe, maar hul behoeftes is anders as die ouer geslag s’n.

Meer nog: predikante van gemeentes waar jonges graag byeenkomste bywoon, sê jonges – van tieners tot werkendes – soek meer as die vorige geslag na spiritualiteit.

Maar hulle vind nie noodwendig hierdie spiritualiteit by die tradisionele institusionele kerk nie (dalk die grysheid waarna Symington verwys?). Dus het talle gemeentes nuwe maniere bedink om vir jong mense voorsiening te maak.

En dit werk wanneer die regte snare aangeraak word. Letterlik, dikwels, want musiek speel ’n groot rol, en dis nie die psalms en gesange van weleer nie. Dit bewys die makro-gemeente Moreletapark in Pretoria, waar tussen 2 500 en 3 000 mense al sedert 2002 elke Sondagaand spe-siale jeugdienste met baie musiek deur jeugorkeste en ’n verskeidenheid instrumente bywoon.

2006-10-28

Christianity 0.0

Wat beteken dit regtig om 'n Christen te wees in ons tyd en kultuur?

A friend recently brought an article in the September 2002 issue of GQ magazine to my attention. The author, Walter Kirn, an unbeliever himself, wrote a blistering yet painfully honest article called “What Would Jesus Do?” (http://www.klife.com/resources/staff/media/GQ-WWJD.html) that explored the little Christian ghetto that many of us live in.

His morbid curiosity compelled him to explore this world that was almost exactly like the one he lived in, but without any substance. He described how he discovered product after product that essentially cloned the mainstream culture and leached it of sinfulness, and, as a byproduct, all relevance and meaning.

He noted, “What makes the stuff so half-assed, so thin, so weak and cumulatively so demoralizing … has nothing to do with faith. The problem is lack of faith. [The Christian subculture] is a bad Xerox of the mainstream, not a truly distinctive or separate achievement. Without the courage to lead, it numbly follows, picking up the major media’s scraps and gluing them back together with a cross on top.”

What would happen if, instead of trying to create our own sanitized version of the world, we simply set ourselves apart from it? I can’t help thinking that the most radical thing that a modern Christian could ever do is simply to act out the things that Jesus told us to do—things like loving our enemies, giving freely to anyone who asks us, forgiving everyone no matter what and being gracious with everyone around us would have a much more powerful impact on the culture than Christian breath mints ever could.

Isn’t it more important to be set apart from the culture and to be known by how we are “unlike” the world? I feel like its time for Christianity Version 0.0 to be launched. It’s time to make a difference by being different.

2006-10-23

Beeld

Een van die grondpilare van die oeroue geloof van die Khoi-San-volkere was die geloof in God as die Skepper, die Gewer van alle goeie dinge, die Beskermer van almal wat op Hom vertrou. Hulle het hierdie God Tsui//Goab genoem. Van Hom kom die lewe, die reën, die kos op die aarde, die wild op die veld.

Van Hom kom ook die gawe om as mense met mekaar op die aarde te lewe, verbonde aan mekaar en die natuur, waarvan ons deel is en wat ons met mekaar deel. Aan Hom word dié wat sterwe toevertrou en by Hom leef hulle voort.

Daarom word hulle sittend begrawe, met die gesig na die ooste waar God in die Rooi Lig woon en waar die dagbreek aankondig dat Hy hulle kom haal. Maar waar kom die kwaad dan vandaan? Van die Bose, wie se naam //Gauab is. Hy is die vyand van Tsui//Goab en van die mense, die vernieler, die stuurder van die storm en die dwarrelwind, die droogte en die hongersnood, die siektes en die kwaad wat ons mekaar aandoen.

Van hom kom ons pyn en teleurstelling en die genadelose uitbuiting van ons swakheid.

Daarom is in die tale van die Khoi-San woorde soos “ellende”, “vernietiging”, “uitwissing”, almal van die woord //Gauab afgelei.

Tsui//Goab en //Gauab, so glo die Khoi, is in ’n ewige stryd met mekaar gewikkel. Die stryd is hewig, want dit gaan om God se skepping, om God se mense en dit wat hulle aan die lewe hou, wat van hulle mens-mense maak. Vandaar die benaming Khoi-Khoi: mense saam met mense. Díe oerstryd het tye lank geduur voordat Tsui//Goab die Bose ’n dodelike slag toegedien het. Die Skepper het uiteindelik oorwin, maar //Gauab vat lank om te sterwe.

En soos hy sterf, doen hy steeds skade. Vir Christene klink dit bekend. In Openbaring vertel Johannes van die stryd in die hemel tussen God en die Satan. Die Lam oorwin, maar soos die draak uit die hemel val, slaan hy met sy stert nog ’n derde van die sterre uit die hemelruim. Met sy val doen hy steeds skade. Die finale oorwinning kom nog. Maar die Khoi vertel ons nog iets. God het oorwin, maar is in daardie oergeveg aan die knie gewond. Daarom beteken Tsui//Goab letterlik, “gewonde knie”.

Where it is a criminal offence to convert to Christianity ... - On Line Opinion - 23/10/2006

Evangelisasie raak al hoe moeiliker in Indië.

"Amid the surge of Hindu nationalism in India since 1998, and especially among the Hindu diaspora in the United States who fund such activities, Christians in India now live in a difficult social and political atmosphere. Missionary conversions of Hindus to Christianity are being targetted by right-wing extremist Hindu politics in India. This is the main rationale for the Hindu nationalist oppression of Christians in India.
Four Indian states, Gujerat, Rajasthan, Madhya Pradesh and Chattisgarh have passed anti-conversion laws or are in the process of passing such laws which makes it a criminal offence to convert to Christianity for both the converter and the converted. Other states such as Karnataka, Tamil Nadu and Andhra Pradesh are getting ready to follow.
In most of these cases, the state governments are run by radical Hindus, and are where persecution of Christians take place. Although the secular, Congress party-led, coalition is in power in Delhi led by Congress president Sonia Gandhi, a Christian, and Prime Minister Manmohan Singh is a Sikh, the Hindu nationalist BJP government has already installed its men in key political positions."

Zenit News Agency - The World Seen From Rome

Navorsing wys dat grootste groei onder Christene wêreldwyd die onder petekostaliste en charismate is.

Pentecostalism and other similar charismatic movements are among the fastest-growing sectors of global Christianity. So says a 10-nation study published by the Pew Forum on Religion and Public Life. The Washington, D.C.-based research group released the study Oct. 5.

According to the study, around a quarter of the world's estimated 2 billion Christians are thought to be members of Pentecostal and charismatic groups, which emphasize the active role of the Holy Spirit in their daily lives.

The study was based on random surveys carried out in the United States; Brazil, Chile and Guatemala in Latin America; Kenya, Nigeria and South Africa in Africa; and India, the Philippines and South Korea in Asia.

The findings confirm the error of predictions about the demise of religion, comments Luis Lugo, director of the Pew Forum on Religion and Public Life in the preface. "Talk of 'secularization' and of a 'post-religious' society has given way to a renewed recognition of religion's influence in people's social and political lives," he writes.

2006-10-18

Beeld, Maandag 17 Oktober 2005, p. 12: Elke mens kan ander seermaak

Yolande Dreyer se rubriek in Beeld.

Mense word getraumatiseer deur rampe soos aardbewings en vloede, kanker of vigs. Mense word ook seergemaak en getraumatiseer deur ander mense. En mense word heelgemaak deur mense.

Die uitdaging van die handboek aan 'n klompie studente besig met traumaberading, is om heel te maak, nie seer te maak nie.

Dit klink eers vreemd. Hulle is dan die helpers. Hulle sal mos nie seermaak nie!

Maar dit is nie so eenvoudig nie. Mense wat seermaak, sê die boek, is nie net hulle daar ver nie.

Dit is nie net die skurke, dié wat 'n skroef los het of die "slegte" mense nie.

Ons het dit almal in ons om ander stukkend te maak.

Elke mens het 'n donker kant, ondanks ons Christenskap en beste bedoelings.

Om 'n ywerige gelowige te wees, is lank nie 'n waarborg vir goedheid, verdraagsaamheid, respek vir ander, oftewel "naasteliefde" nie.

Wie was meer vurig vir die saak van God as Saulus? Hy het mense doodgemaak omdat hulle "teen God" was.

Sou God bly gewees het daaroor? Sou God iets wou sê soos: "Mooi so, goeie en getroue dienskneg. Dankie dat jy die mense reggesien het ter wille van my naam"?

Aan die verloop van die verhaal klink dit nogal nie so nie. Die mense wat deur Saulus doodgemaak is vir God, was toe al die tyd nie teen God nie. Hulle was net anders as Saulus se idee van hoe dit moes wees.

Eers toe Saulus dramaties tot stilstand gebring en met homself gekonfronteer is, sien hy wat hy besig is om te doen.

2006-10-16

Christian Today – Christian News > Former Muslim Shares Astounding Christian Testimony

Die verhaal van Inshana Jones ...

Inshana Jones, a former Muslim, will showcase her own fashion label, ‘Saviour Clothing’, at the Northern Christian Resources Exhibition later this month.

The 22-year-old, now a Christian, recently gave her testimony on how her once appalling life has changed since she fled from her bedroom six years ago.

At the age of 16, Inshana was forced to marry her 49-year-old cousin. But on the eve of their wedding, her aunt snuck her out and helped her build a new life.

“My parents divorced when I was 10,” she recalls. “This was seen as a great shame and dishonour to my family. My uncles arranged for me to marry my cousin to restore my family’s honour. It was an enforced marriage and I was rescued by an aunt who was a Christian. I climbed out of my bedroom window, to embark on a new life in Manchester - with a new name and identity.”

After moving in with her aunt, Inshana chose a new name.

“I made up a name - Inshana. It was the first thing I had ever chosen on my own. It felt wonderful,” she said.

Telegraph | News | C of E 'shies away' from converting others

Wat is die kerk se standpunt ten opsigte van evangelisasie onder Moslems? Dit wil die lidmate van die Anglikaanse kerk in Engeland weet.

The Church of England was accused yesterday of shying away from its sacred duty of trying to convert Muslims and people of other faiths to Christianity.

Paul Eddy, a member of the General Synod, the Church's ruling body, said that the active recruitment of non-believers had always been a Biblical injunction on Christians.

But he claimed that the bishops were deliberately down-playing evangelisation among other faiths for fear of upsetting minority groups and their role in inter-faith talks.

2006-10-15

NG Kerk staan by sy siening van die huwelik

Ben du Toit en Kobus Gerber stel die NG Kerk se standpunt ten opsigte van die huwelik.

Vir die NG Kerk is die Christelike huwelik steeds “die verbintenis tussen een man en een vrou”.

Dié kerk beskou homself ook steeds as beskermer van die Christelike huwelik en sal hom uitspreek teen enigiets wat dié instelling bedreig.

Christene moet egter onthou “die Bybel is nie bo die Grondwet verhewe nie”, hoewel die Woord van God vir hulle die hoogste gesag is.

“Dis jammer sommige Christelike groepe eis die morele hoë grond op deur hulle op ’n Bybelse standpunt te beroep in hul uitlatings hieroor en oor ander burgerlike verbintenisse,” het die NG Kerk-leiers drr. Ben du Toit en Kobus Gerber die afgelope week in hul voorlegging aan die parlementêre komitee oor die Huwelikswet en Wetsontwerp op Burgerlike Verbintenisse gesê.

Du Toit is parlementêre verteenwoordiger van die NG Kerk en Gerber sekretaris.

BBC NEWS | South Asia | Low-caste Hindus adopt new faith

Lede van die Dalit-kaste, die sogenaamde "untouchables" in Indië, is besig om in groot getalle of Budhiste of Christene te word, berig die BBC.

Thousands of people have been attending mass ceremonies in India at which hundreds of low-caste Hindus (Dalits) converted to Buddhism and Christianity.

The events in the central city of Nagpur are part of a protest against the injustices of India's caste system.

By converting, Dalits - once known as Untouchables - can escape the prejudice and discrimination they normally face.

The ceremonies mark the 50th anniversary of the adoption of Buddhism by the scholar Bhimrao Ramji Ambedkar.

He was the first prominent Dalit to urge low-caste Indians to embrace Buddhism.

As the chief architect of India's constitution, he wrote anti-discrimination provisions and quota systems into the country's law.

But four-fifths of India's Dalits live in often isolated rural areas, and traditional prejudice has persisted in spite of official laws.

'Cry for dignity'

The Dalits arrived by the truckload at a public park in Nagpur for ceremonies, which began with religious leaders giving fiery speeches against the treatment of lower castes.

Reuters reported that dozens of riot policemen had turned out at the sprawling park.

Udit Raj, a Dalit leader, told the BBC that around 2,500 people converted to Christianity and Buddhism.

2006-10-09

‘Huwelik nie vir gays’

'n Berig oor die protesopgtog van Marriage Alliance teen huwelik vir gays.

‘Ons sal nie buig voor die Grondwet nie, ons buig voor Jesus!”

Só het ds. Malcolm Jacobs van die Marriage Alliance of South Africa, ’n geloofsgebaseerde organisasie, eergister aan sowat 250 protesgangers tydens hul optog teen huwelike vir gays gesê.

Dié organisasie se lede het eergisteroggend van die Pretoriase Kunsmuseum na pres. Thabo Mbeki se kantoor by die Uniegebou ge­stap waar hulle ’n memorandum aan die kantoor van die departement van justisie oorhandig het. Hierin het hulle geëis dat die woord “huwelik” net na die verbintenis tussen ’n man en vrou verwys.

Die wetsontwerp waaroor openbare voorleggings tans aangehoor word voordat dit eersdaags in die parlement dien, skep ’n instelling vir gays wat soortgelyk aan ’n huwelik is, maar tog anders.

Kerk moet SA se ‘Boetmanne’ help

Dr Isak Burger van die AGS se rubriek in die Beeld vanoggend.

Dit is verstommend wat die impak van die voete-wassery tussen mnr. Adriaan Vlok en eerw. Frank Chikane was.

Dié eenvoudige daad van nederigheid en versoening en met diepe Christelike simboliek, het min mense sonder kommentaar gelaat.

Ek het Vlok oor die laaste jare persoonlik leer ken en het geen twyfel oor sy bona fides as toegewyde Christen nie. Aan die ander kant ken ek ook vir eerw. Frank Chikane. Ons is reeds jare lank kollegas, het saam gewerk in die eenwording van ons kerk, die AGS, en het saam in leierskap gestaan. Oor sy Evangeliese behoudendheid en sy erns met die Here hoef ek nie op hoorsê te gaan nie.

Die ootmoedige voetewas-gebaar van Vlok het my diep aan die hart gegryp – miskien omdat ek iets van die Bybelse betekenis daarvan verstaan. Miskien omdat ek self op Goeie Vrydag, 5 April 1996, op Centurion Park, ná dekades van verdeeldheid op grond van ras en velkleur, tydens ons kerk se eenheidsvieringe deur die Heilige Gees gedwronge gevoel het om Chikane, as leier van die voormalige swart afdeling, om vergifnis te vra vir hierdie verskeurdheid in ons kerk waarvoor ons as wittes verantwoordelik was.

Miskien is dit daarom vir my so ontnugterend om die vele negatiewe briewe en ook gesprekke oor die voetewas-aangeleentheid te lees en te hoor. Weliswaar was daar ook groot waardering daarvoor. Dit was egter veral die reaksie by baie wittes wat my onaangenaam verras het. Aanvanklik het ek dit afgemaak as dat baie mense nie die Bybelse simboliek van vergifnis, vryspraak en versoening verstaan nie. Miskien is dit so.

Wat egter vir my al hoe duideliker geword het, is dat baie van ons mense met groot bitterheid en kwaad in hul harte rondloop.

2006-10-05

Verklaar misdaad tot noodtoestand

Amie van Wyk se rubriek in Beeld van 4 September.

Ongeveer 20 000 per jaar. 55 per dag. 2 per uur. 3 kinders per dag. Vermoor. Só lyk die geweldmisdaad-statistiek in Suid-Afrika.

Vertoon dit nie die beeld van ’n oorlog van lae intensiteit nie?

Die vorige politieke bedeling is beskryf met woorde soos “strukturele geweld” vanweë die toepassing van die onregverdige stelsel van apartheid deur ’n minderheid; die nuwe bedeling kan getipeer word as “kriminele geweld” waar ’n nog kleiner minderheid die beginsels van vryheid en veiligheid van die samelewing heeltemal ondermyn. Die een is, moreel gesproke, net so onverantwoordbaar as die ander.

Die tyd het aangebreek dat die kerke – die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke – die regering versoek om ingevolge art 2.37 van ons Grondwet ’n noodtoestand (nie net ten opsigte van vigs nie, maar ook) ten opsigte van misdaad af te kondig. Hierdie artikel bepaal dat sodanige toestand afgekondig kan word wanneer “die lewe van ons nasie” deur onder meer “wanorde” bedreig word.

Ek herinner my dat die invloedryke teoloog Willie Jonker, wat verlede Maandag oorlede is, by geleentheid opgemerk het dat wie vir ’n nuwe staatkundige bedeling in Suid-Afrika gekies het, nie daarmee saam ook vir ’n samelewing van korrupsie, misdaad en wanorde gekies het nie.

Jonker het hom lewenslank onvermoeid vir ’n regverdige politieke bedeling in Suid-Afrika be­ywer. Hy was altyd op soek na die konsekwensies wat die evangelie van Christus inhou, nié net vir die lewe van ’n individu nie, maar spesifiek ook vir die sosiaal-ekonomiese strukture van ’n land.

Amie van Wyk is ’n teoloog en verbonde aan die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Beeld

Die oordrag van waardes is ouers se primêre opvoedingstaak, meen dr. Elzette Fritz, opvoedkundige sielkundige van Johannesburg.

Dié ouers probeer om morele waardes soos eerlikheid, opregtheid, moed en deursettingsvermoë van kleins af by hul kinders te kweek.

Dr. Elzette Fritz, opvoedkundige sielkundige van Johannesburg, verskaf ses riglyne waarvolgens jy by jou kinders dié waardes kan tuisbring:

Vertel hulle waaraan jy waarde heg

Die oordrag van morele waardes is ouers se primêre opvoedingstaak.

Dit is juis ’n mens se gesonde morele oordeel wat hom in staat stel om keuses te maak wat ’n samelewing tot gevolg kan hê wat sorgsaamheid, verdraagsaamheid en liefdevolle respek bevorder.

Die vestiging van morele waardes kan egter nie sonder deurlopende en daaglikse kommunikasie met jou kind plaasvind nie.

In dié geselssessies kan jy baie maklik aan jou kind verduidelik wat die rede agter ’n mens se gedrag is. Sodoende leer hy maklik waaraan jy waarde heg.

# Wenk: Voorbeelde kan in enige omstandighede gevind word. Verduidelik aan kinders waarom jy sekere dinge doen. Jy kan byvoorbeeld sê: “Pappa sien hier is ’n opening om te parkeer, maar daardie oom het langer as pappa gewag, so ons kan nie die motor hier parkeer nie, want dan is ons ongeskik.”

Onthou ook om aan kinders te verduidelik dat hul keuses en dade verreikende gevolge het en dat elke mens dus bepalend is vir die soort samelewing waarin hy leef.

Stel duidelike reëls en gee redes vir die reëls

Daar moet geleentheid vir kinders geskep word om ook hul keuses uit te leef, maar binne die veilige ruimte wat die ouer stel. Waak teen verwarring met streng reëls gedurende die week en groter vryheid tydens die naweek. Hierdie vryheid is meer gepas by ouer kinders wat reeds vertroud is met die struktuur van die gesin.

Kinders tot en met die ouderdom van sewe geniet egter hul roetine en is nog afhanklik van hul ouers se begeleiding in die uitvoer van veilige keuses.

Dissipline is noodsaaklik om ’n kind geborge te laat voel aangesien dit sy grense van veiligheid afbaken. ’n Mens moet egter deurgaans die kind se ontwikkelingstadium en taalvaardighede in ag neem. Kinders jonger as drie jaar verstaan baie keer nie dadelik hul ouers se instruksies nie en indien hul ouers kwaad raak as hulle nie die taak na wense uitvoer nie, raak hulle verward. Van driejarige ouderdom, wanneer hulle meer gevorderde taalvaardighede het, kan hulle geleidelik meer verantwoordelikhede gegee word.

# Wenk: Sodra ’n kind onafhanklik kan loop en goedjies dra, kan hy geleidelik blootgestel word aan versoeke om byvoorbeeld items weg te bêre of kombuis toe te neem.

Leer jou kinders om empatie met ander te hê

Dit is belangrik om aan kinders te demonstreer dat jy aan ander moet doen soos jy aan jouself gedoen wil hê. Jy kan dit maklik aan jou kind oordra deur middel van gesprekke, maar beslis deur jou alledaagse optrede.

Reeds tydens die babajare waar jy jou kind met deernis en respek behandel, saai jy die saadjies van doeltreffende sosialiseringsvaardighede.

Tydens sy ontwikkeling bou jy net daarop voort.

’n Kind wat byvoorbeeld in ’n huis grootword waar pa vir ma slaan en ma op haar beurt weer die kinders verskree en vloek, staan ’n groot kans om dieselfde gedragspatrone by die skool te openbaar. As ’n kind sien hoe sy ouer die hond skop, leer hy dat dit aanvaarbaar is om gewelddadig teenoor diere op te tree. Hy kan selfs so ver gaan as om te dink dit is aanvaarbaar om kinders wat weerloos en jonger as hy is op die speelgrond te lyf te gaan. ’n Mens wat empaties optree, vra hom eers af watter wyerkringende gevolge sy dade sal inhou vir die wêreld rondom hom.

# Wenk: Om jou kind te leer om empatie met ander te hê is dit ’n goeie idee om gereeld die woord “voel” te gebruik. Vra hom byvoorbeeld: “Hoe dink jy voel jou sussie as jy haar so terg? Sal jy lekker voel as iemand dit aan jou doen?”

Vertel jou kinders van regte helde en hul dade

Francois Pienaar, die voormalige Springbokrugbykaptein, het gesê kinders het regte helde nodig anders kan hulle nie rolmodelle hê om na op te sien nie. Maar die tipiese “gemorskos”-helde wat net vir geld en roem bestaan, beteken niks.

# Wenk: Maak gebruik van televisieprogramme en flieks, boeke en koerante om gesprekke te inisieer oor heldhaftige optrede. Praat daaroor as daar ’n storie in ’n koerant of tydskrif is oor ’n kind wat iets belangriks bereik het of ’n heldedaad verrig het.

Dit sal jou kind aanspoor om ook daarna te strewe.

Herken die mag van die skuldgevoel

Hoewel skuldgevoelens die stem van die gewete is, moet ’n mens egter daarteen waak om so hard te skree dat mens glad nie meer die goeie in jouself hoor praat nie. As jou kind ’n fout begaan het, is dit ’n gulde geleentheid om hom iets daaruit te laat leer. Daardeur kan hy vervolgens die verlossing van vergifnis aanvaar.

Die idee is dus nie om die fout weg te praat of te ignoreer nie, maar byvoorbeeld vir jou kind te sê: “Mamma het gesê jy moet nie die emmer water optel nie. Jy het nie geluister nie. Nou moet ons die vloer droogmaak. Verstaan jy dat die emmer te swaar was en dit die rede is hoekom ek nie wou hê dat jy dit moet optel nie? Wat gaan volgende keer gebeur as mamma vir jou sê jy moet iets nie doen nie?”

# Wenk: Gebruik ’n fout as besprekingspunt waartydens ’n les geleer kan word – en gaan aan met die lewe.

Met direkte ongehoorsaamheid moet ’n kind wel soms die geleentheid gegee word om oor sy dade en die gevolge te gaan nadink. Nie net gee dit die ouer die geleentheid om af te koel nie, maar dit stel die ouer en kind in staat om later in kalmte daaroor te gesels. Skuldgevoelens behoort nie die straf te wees nie, maar die logiese gevolge wel.

Lei deur jou eie voorbeeld

Woorde wek, maar voorbeelde trek. Ons dink dikwels dis genoeg om net met ons kinders te praat, maar vergeet dat hulle ons alreeds sedert geboorte fyn dophou en dus by ons leer hoe om op te tree.

# Wenk: Wees altyd bewus van die gedrag wat jy aan jou kinders voorhou. Dit moet ook ooreenstem met dít wat jy aan hulle sê en hoe jy teenoor hulle optree. Kontak dr. Elzette Fritz by 0 011 489 2273 of stuur e-pos na lzf@telkomsa.net.

2006-10-01

Boesak sê dis tyd dat hý vir NG Kerk sê hy is jammer

Presies twintig jaar nadat dr. Allan Boesak die NG Kerk uitgedaag het oor sy beloftes, sy begrip van die Woord en dit wat sy woord werd was, staan hy wéér voor uitdagings.

Dié keer nie om rug styf te maak teen 'n stelsel van onreg en om sy mense uit dié vernedering te lei nie, maar om die "wit" kerk se toenadering te aanvaar, en om óók te sê: "Ek is jammer."

Boesak, wat twee dekades gelede moderator van die ou NG Sendingkerk was, is die afgelope week tot moderator van die Kaaplandse sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) verkies.