2006-08-30

Hoe diep loop ons moraliteit?

Coenie Burger, moderator van die NG Kerk, se rubriek in Maandag se Beeld.

’n Mens is regtig dankbaar vir die Heartlines-mense se poging om ’n nasionele gesprek oor morele waardes aan die gang te kry.

Ek het groot waardering vir die mediese dokter en sy span wat met moed, visie en verbeeldingskrag ’n baie lofwaardige projek aanmekaargesit het. Ons het dié gesprek baie, baie nodig.

Die kommentaar wat ek oor die rolprente hoor, is oor die algemeen baie positief. Daar is ook vrae en kritiek – maar dit is alles deel van so ’n gesprek.

Ek weet van baie gemeentes wat deelneem aan die projek en wat getuig dat dit nuwe gesprekke in die gemeentes losgemaak het. Dit is presies wat ’n mens gehoop het.

Ek dink dat die projek in veral drie opsigte geslaagd is:

Die verhale oor gewone mense se gewone lewe illustreer hoe sentraal waardes in almal van ons se lewe staan en hoe ons daagliks op meer maniere keuses doen waarin ons waardes weerspieël word.

Verder was daar wonderlike oomblikke in die verhale wat mense weer laat besef het hoe leeg en betekenisloos ’n lewe sonder waardes kan wees. Van die mooiste en edelste dinge in die lewe – sien ’n mens weer met die prente – is mense wat bereid is om op te staan vir dit wat goed en reg en waar is.

Ek het, derdens, ook waardering gehad vir die variasie van waardes wat aan die orde gestel is.

Mense kan soms baie selektief wees in hul keuse van waardes wat hulle belangrik ag. Ons het ’n goeie mengsel van sosiale en persoonlike waardes gekry.

2006-08-22

When God is in the Lyrics - Time.com

In New Jersey is daar 'n hofsaak aan die gang oor 'n meisie se reg om "Awesome God" sing by haar skool se talentaand te sing.

Imagine Olivia Turton, all grin and energy, bounding to the front of Erica Bruner's music room at Frenchtown Elementary School in New Jersey. "There's thunder in His footsteps and lightning in His fists," chirps the eight-year-old with fine brown hair. "And so you better be believing that our God is an awesome God." A few minutes later, the song is over, and Olivia is relieved. After weeks of rehearsal and a big disappointment — she initially wanted to sing "Part of Your World" from the movie The Little Mermaid, but she didn't have a karaoke version and Ms. Bruner's tape of the song was too fast and, well, don't ask — Olivia has finally perfected her performance for the annual after-school talent show, "Frenchtown Idol." And "Awesome God" sounds great.

But not to everyone. The lyrics, Bruner tells her, are a bit religious, and principal Joyce Brennan will have to approve them. The next day, word comes down from Brennan: find another tune, one without the God stuff. Olivia can't believe it. She is in tears when her mother, Mary Ann Turton, picks her up at school.

2006-08-21

Godsdiens-aktueel: ’n Pil alleen kan jou nie gesond maak

Christina bied hier iets vir ons om regtig oor na te dink! Deel jou gedagtes met ons deur op die "comments"-skakel hieronder te klik.

Die afgelope vyf jaar het hoofstroom Protestantse kerke in Suid-Afrika 1,2 miljoen van hul lede verloor. Dis nou die NGK, die Hervormers, die Doppers, die Anglikane, die Metodiste, die Lutherane, en so aan.

Dit beteken nie dat Suid-Afrikaners minder godsdienstig geword het nie. Inteendeel. Dit beteken dat daar ander kerke is wat geweldig groei. En dit is kerke wat hul op genesing toelê.

2006-08-15

Rassisme in 'n te vlak graf begrawe

Allan Boesak se rubriek in gister se "Godsdiens-aktueel" rubriek.

‘Die dinge wat uit die mond kom, kom uit die hart”, sê Jesus, “en dit is dié wat die mens onrein maak.”

Hierdie waarheid is weer bewys met die onbesonne, maar steeds skandelik rassistiese opmerking van die Australiese krieketkommentator Dean Jones oor Hashim Amla. “Dit was nie bedoel om oor die lug gehoor te word nie,” is sy verskoning. Dis oukei as ek dit dink, solank ek dit net nie hardop sê nie. Of dis oukei as ons dit onder mekaar sê, solank die ander teen wie dit gemik is, net nie hoor nie. Want in daai kommentaarhokkie was daar iemand met wie Jones só gemaklik gevoel het dat hy dit wel teenoor dié kon sê.

Maar wat in die hart broei, sal uitkom.

2006-08-08

Beeld

Yolanda Dreyer se rubriek in die Beeld.

Groen oë is skaars, soos regte rooi hare skaars is.

Sê nou net ek het as kind agtergekom dat my oë groen is en moes dan aanhoor: dit is abnormaal – ’n afwyking.

Sê nou ek moes grootword met hoe almal praat oor die “probleem” of die “kwessie” van groen oë. Sommige mense kom as puber agter dat hulle anders is as die meerderheid. Hulle voel aangetrokke tot mense van hulle eie geslag.

So ’n oriëntasie is skaars, party meen 10%, ander nog minder.

Hierdie skaars word toe in kerk en samelewing “abnormaal”, “sonde” of “siekte”.

2006-08-05

Beeld

'n Leser reageer op Dana Snyman se rubriek ...

In sy rubriek op 21 Julie onder die opskrif Selfs SA se Big Macs kom nie mas op, boor Dana Snyman ’n sensitiewe senuwee raak.

2006-08-04

Beeld

Jaap Steyn meen die verenigingsproses tussen die VGKSA en die NG Kerk moet nie ten koste van Afrikaans geskied nie.

2006-08-02

Falling Apart - Christianity Today Magazine

Die Episkopaalse Kerk in die VSA ervaar ernstige tweespalt weens uitsprake van die nuutverkose presiderende biskop, Katharfine Jefferts Schori.

In her inaugural sermon as the Episcopal Church's presiding bishop-elect, Bishop Katharine Jefferts Schori of Nevada turned to images used by church mystics such as Julian of Norwich.

"That sweaty, bloody, tear-stained labor of the Cross bears new life," Jefferts Schori preached during the church's triennial General Convention, which met in June in Columbus, Ohio. "Our mother Jesus gives birth to a new creation—and you and I are his children."

For Jefferts Schori, this language was "straight-down-the-middle orthodox thinking," according to The Washington Post.

For David Roseberry, founding rector of the 4,500-member Christ Episcopal Church in Plano, Texas, it was the final outrage.

Jefferts Schori preached her sermon on June 21. Three days later, Christ Church's vestry (its governing board) voted to leave the denomination. Roseberry's bishop, James Stanton of Dallas, has shown openness to letting Christ Church leave with its property. "They bought it. They paid for it," Stanton told The Dallas Morning News.

Beeld

Wilhelm Jordaan se artikel oor kritiese geloof in vandag se Beeld.

“Die spanning tussen kerklike tradisie en kritiese geloofsverantwoording.”

Dié frase vorm die kern van ’n hele reeks onlangse klagtes van leerdwaling teen teologiedosente en predikante van die NG Kerk – ook in die mees onlangse uitspraak (Beeld, 29 Julie) waarin twee teologiedosente aan die Universiteit van Pretoria onskuldig bevind is.

Vir die kerk – wat volgens sinodale besluite “gekies het om die weg van openhartige kritiese debat oor geloofsake te volg” – is sulke uitsprake vanselfsprekend belangrik. Maar hoe moet gewone gelowiges dié spanning en uitsprake begryp?

Tradisie is die hart van die kerk. Dit behels leerstellings en gebruike wat deur die eeue oorgedra is, ingeklee in bepaalde bewoordings. Die bekende Apostolicum wat Sondae in eredienste gebruik word en wat tussen die 4de en die 6de eeu n.C. ontstaan het, is ’n voorbeeld hiervan.