2006-06-29

Vrou word Katolieke priester

Rohrschach (Switserland). – ’n Switserse teoloog gaan as dié land se eerste vroulike Katolieke priester georden word – in stryd met dié kerk se reëls.

Monika Wyss en twee ander vroue sal Saterdag tydens ’n plegtigheid georden word. Hulle kan egter deur die Katolieke oppergesag in Rome uit die kerk verban word.

Dié stap verbreek die kerk se eeu-oue tradisie dat net mans priesters kan word.

’n Woordvoerder vir ’n groep vroulike Rooms-Katolieke priesters in Wes-Europa het gesê enige gemeente wat hul kerke vir sulke plegtig­hede oopstel, kan seker wees van ernstige nadelige gevolge. – Sapa-DPA

Beeld-forum: Nou kort die kerk ’n nuwe naam

Neels Jackson skryf in 'n rubriek in die Beeld oor die onlangse verwikkelinge rondom kerkeenheid.

Die euforie onder kerkleiers oor hul deurbraak met kerkeenheid in die NG Kerkfamilie is verstaanbaar, maar hef aan lê nog voor.

Oor jare het genoeg lidmate en genoeg gemeentes in die NG Kerk hakke ingeskop teen enige vorm van kerkeenheid dat dit werk gaan kos om al die skape in die eenheidskraal te kry.

Gelukkig vir die kerkleiers het die Verenigende Gereformeerde Kerk nou die grootste klip waaroor NG mense gemor het, uit die pad gerol – die voorwaarde dat die belydenis van Belhar deur almal aanvaar moet word voordat eenheid kan realiseer.

Ek wonder of gewone NG lidmate besef wat dit van die VGK geverg het, hoe belangrik dit vir hulle is.

In ’n tyd toe bruin mense tweedeklasburgers was, toe die stelsel in die land hulle soos tweedeklasmense laat voel het, is dié belydenis in hul kerk se algemene sinode gebore.

Daarin kon hulle in teologiese taal antwoord op die verontmensliking wat die politiek vir hulle gebring het.

Dit was iets wat hul trots en hul menswaardigheid help herstel het. Dit was ’n belydenis wat gesê het hoewel ander mense hulle as onbelangrik en minderwaardig beskou, is hulle steeds vir God belangrik.

Ek kan goed begryp dat hulle so lank daarop gestaan het dat dit soos al die ander belydenisse in ’n nuwe verenigde kerk opgeneem moet word en deur almal aanvaar moet word.

Nou is die vraag hoeveel mense daar gaan wees wat ander struikelblokke gaan soek om die proses te probeer belemmer.

’n Kwessie wat in di

2006-06-28

Mugabe's prayers will not save Zimbabwe : Mail & Guardian Online

President Robert Mugabe het verlede Sondag saam met kerkleiers van sy land gebid om vergifnis vir die land se sondes.

Mugabe joined church leaders on the weekend to pray for the country's prosperity and sought divine intervention to end a crisis that analysts blame on his 26-year rule.

The veteran leader, who has been Zimbabwe's sole ruler since independence from Britain, struck a spiritual note on Sunday, telling Christians who had gathered in Harare for a day of prayer that divine intervention could restore the country's position as a jewel of Africa.

He prayed for God to pardon Zimbabwe for sins committed that had brought suffering to the country.

Critics charged that Mugabe is trying to garner votes from the country's Christian community, pointing to his call for an annual national day of prayer on the country's calendar.

"What immediately comes to mind is that Mugabe is acknowledging that he has failed and is appealing to God to intervene," John Makumbe, a Mugabe critic and political scientist at the University of Zimbabwe told ZimOnline. "That is not the answer. The answer is found in policies that restore the rule of law and solve the issue of Mugabe's legitimacy."

2006-06-27

God kan 1 ding nie doen - en dis lieg

Amie van Wyk praat oor die konsep van waarheid in die modernisme en postmodernisme.

Die postmodernisme het (in sy reaksie teen die modernisme) ’n belangrike bydrae gelewer om ons opnuut onder die besef te bring van die voorlopigheid en beperktheid van menslike kennis en vermoë. Trouens, die Bybel self verwys daarna dat ons slegs “gedeeltelik” ken (én preek) (1 Kor 13:9).

Maar die postmodernisme gaan te ver as hy meen dat elke vorm van kennis van die waarheid uitgesluit is en dat die waarheid nie in stellings uitgedruk kan word nie. Ons mag nie uit die beperktheid van ons kennis konkludeer tot die onegtheid daarvan nie.

NG lidmate gepols oor tweede doop

'n Berig in vanoggend se Beeld.

Watter rol speel die doop en die gawes van die Gees in die besluit van lidmate om die NG Kerk te verlaat en by pinkster- of charismatiese kerke aan te sluit?

Dit is die tema van ’n ondersoek wat ds. Jannie Pelser, predikant van die Rant-en-Dal-gemeenskaps­kerk in Krugersdorp, nou aangepak het na aanleiding van die polemiek om ’n tweede doop wat dié gemeente nou wil invoer.

Rant-en-Dal, ’n NG gemeente, wil naas die verbondsdoop ook ’n bekeringsdoop invoer vir lidmate wat ’n behoefte het aan ’n sigbare ritueel om hul bekering mee te vier.

2006-06-26

Kerkeenheid kom! (Rapport)

Die onlangse ontwikkelings op die gebied van kerkeenheid kan nie anders as 'dramaties' beskryf word nie.

'N Naam word reeds op die tong rondgerol vir die nuwe verenigde kerk wat uit die boesem van die NG Kerkfamilie te voorskyn moet kom.

In 'n dokument ná die afgelope week se waterskeidingberaad in Esselenpark, Johannesburg, waar reuse-spronge in die rigting van eenheid gegee is tussen die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) en Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) word voorlopig voorgestel die nuwe kerk moet die United Reformed Presbyterian Church in Southern Africa/Verenigde Gereformeerde Presbiteriaanse Kerk in Suidelike Afrika heet, het ds. Daniel Kuys, mediawoordvoerder van die VGK, aan Rapport gesê.

Indringende samesprekings word nou met die twee ander lede van die NG Kerk-familie, die NG Kerk in Afrika (hoofsaaklik swart) en die Reformed Church in Africa (hoofsaaklik Indiër), gevoer om by die verenigingsproses betrokke te raak.

Kuys sê die twee kerke het binne drie dae, ná twee dae se afsonderlike sittings, by 'n "splinternuwe fase in gereformeerde kerk-wees in Suid-Afrika" gekom. Dit is dat die VGK en die NGK in hul huidige formaat sal ophou bestaan en sal saamsmelt.

Dit sluit in dat nuwe belydenisskrifte, waarby die Belydenis van Belhar gei¨nkorporeer sal word, en 'n nuwe kerkorde opgestel sal word.

Die Belydenis van Belhar is egter nie 'n voorwaarde vir kerkvereniging is nie," sê Kuys.

The Sun News | 06/25/2006 | Questioning the church's stance on gays

Volgens die skrywer van hierdie artikel is die kerk 'n 'recovery group' en is ons almal herstellende sondaars.

I don't believe in, nor do I tolerate homophobia in our church. I tell the church all the time, we are a recovery group - we all are recovering from sin, it just works its way out differently in all of us. The church body is a group of people who should be alongside one another in recovery. That's what the Holy Spirit does, and we should too.

How to silence Bible-quoting partisans(TheStar.com)

Is sekere gedeelte van die Bybel meer waar as ander? Dit is die vraag wat die skrywer van hierdie artikel, 'n Anglikaanse priester, vra.

The next time a Christian partisan shouts a Bible verse at you — as if citing Leviticus 18:22, Exodus 20:13 or 1 Corinthians 7:4 ended all discussion of homosexuality, abortion or women's rights — shout back, "Acts 4:32-35!"

Oops!

Yes, that is the passage that might have inspired Karl Marx: "No one claimed private ownership of any possessions, but everything they owned was held in common," and wealth "was distributed to each as any had need."

No free-market capitalism in that biblical economy. No "prosperity Gospel," either, certainly nothing as lax as a tithe of merely 10 per cent.

Or you could shout "Exodus 22:25!" about not charging interest on loans, or "Deuteronomy 15:1-3!" about forgiving debts every seventh year, or "Leviticus 19:9-10!" about leaving grain in the field for gleaners, or "Luke 19:8-9!" about Zacchaeus giving half of his wealth to the poor.

Quarter of Americans say Bible is literally true (Charlotte Observer | 06/24/2006 )

Al hoe minder Amerikaners glo dat die Bybel die letterlike Woord van God is, volgens hierdie berig wat Saterdag verskyn het.

About 25 percent of Americans believe the Bible is the literal word of God -- down 10 percentage points since 1976.

According to a Gallup survey, 28 percent of Americans believe the Bible is literally true, compared to 38 percent 30 years ago. The survey included 1,002 adults 18 or older.

Nearly half, 49 percent, said the Bible was the "inspired word of God," while 19 percent called it an "ancient book of fables." Three percent had no opinion.

The survey asked respondents if they believed the Bible was the actual word of God and should be taken word-for-word; whether it was inspired by God, but should not be taken literally; whether it is a book of fables and legends; or whether the person has no opinion of the Bible.

2006-06-21

Seats of learning - Christian History

Hoekom sit ons tydens die erediens? 'n Stukkie kerkgeskiedenis bied die antwoord.

"Stand if you are able," the pastor says on Sunday morning as we sing a hymn. "Please be seated," he or she says, and we return to our normal posture for the sermon, Scripture reading, or pastoral prayer. But before the late Middle Ages, most Christians would have found our extensive sitting in church extremely odd. Where did pews come from, and why do we spend so much time in them?

2006-06-13

Welcome to HEARTLINES - a Mass Media initiative to get the nation talking about VALUES.

Hier is die amptelik webtuiste van Heartlines, 'n reeks van agt dramas wat agt basiese waardes illustreer. Die gedagte is om multi-media te gebruik om mense te inspireer om hierdie waardes te leef. Moedig almal wat jy ken aan om hierdie programme te kyk!

2006-06-12

Da Vinci Code Truth

Hier is 'n baie goeie webtuiste wat inligting oor die historiese foute in Dan Brown se boek "The Da Vinci Code" identifiseer en die feite stel.

2006-06-10

God en die Skepping

André van Niekerk se rubriek in vanoggend se Beeld.

Die wyse waarop ons die skepping beskou, bepaal grootliks hoe ons dit behandel. Binne die huidige Christelike geloofsdenke is daar drie benaderinge:

# Die teïstiese benadering glo God het ’n werklikheid naas homself geskep. Die skepping is geheel anders as God en daar is ’n groot afstand tussen God en die skepsels. Die mens moet oor die skepping heers. Sommige meen selfs ons kan die aarde opgebruik want daar kom “ ’n nuwe”!

# Panteïste glo alles is God in teenstelling met teïsme se belydenis dat alles van God kom. Die skepping en Skepper hoort soos liggaam en siel byeen. Dit is onhoudbaar omdat bewaring van die natuur byna identies word aan die bewaring van God en aanbidding van God moeilik van aanbidding van die natuur onderskei kan word.

# ’n Minder bekende benadering is panenteïsme. Dit dui dat “alles” (pan) “in” of “te midde van” (en) “God” (theos) bestaan.

Jürgen Moltmann, ’n Duitse gereformeerde teoloog is een van die vernaamste voorstanders van hierdie benadering.

Hy verduidelik dat God soos ’n moeder is wat ruimte vir nuwe lewe binne haarself maak. Die lewe van hierdie kind is totaal afhanklik van die moeder, maar is nietemin ’n eie lewe.

Hierdie benadering handhaaf teïsme se oortuiging dat God naas die skepping bestaan maar ook panteïsme se bydra dat God altyd naby en teenwoordig in hierdie wêreld is.

Daar is skrifgedeeltes wat klink asof dit in ooreenstemming met panenteïsme is: “U omsluit my van alle kante, U neem my in besit...” (Ps. 139:5); “Uit Hom, deur Hom en tot Hom is alle dinge...”(Rom. 11:36).

Die benadering het ook tekortkominge.

Dit help ons egter om in vennootskap met God verantwoordeliker teenoor sy skepping te lewe.

Group Urges Action on Behalf of Indonesia's Christians (Crosswalk.com)

Die vervolging van Christene in Indonesië is blykbaar aan die toeneem, volgend hierdie berig:

(AgapePress) - The director of a Christian human rights group says persecution of Christians is on the rise throughout Indonesia. Ann Buwalda, director of the Virginia-based Jubilee Campaign, says recent developments in that country have heightened concerns for her and her staff.

Jubilee Campaign, which monitors countries known for persecuting Christians, reports that rapid growth of Christianity across Indonesia has caused Muslims to claim that Christianity must be resisted with force. In recent years the government of Indonesia has closed more than 150 churches in the capital city of Jakarta and throughout the island of Java, the country's most populous island.

2006-06-05

Vier lesse vir die kerk ná aanval

Allan Boesak se rubriek in vanoggend se Beeld.

Senzeni Zokwana is een van dié wat maar alte dankbaar was toe die kerk in die struggle-tyd voorgeloop het toe niemand anders wou voorloop nie.

Toe was ons stem onontbeerlik en is ons met dawerende vivas! gevra om tog asseblief namens die onderdrukte massa van Suid-Afrika te praat.

Toe het die kerk en Christene goed geweet wie ons leiers moet wees.

Nou word ons vingerswaaiend gemaan om “nie voor te skryf nie” omdat die ANC-strukture wel sal uitmaak wie die land se leiers sal wees en hoe die leierskap hom moreel moet gedra.

2006-06-04

Alles in een: godsdiens, kultuur, kuns, politiek

Wiser (Wits se Instituut vir Sosiale en Ekonomiese Navorsing)het onlangs 'n simposium gehou oor die rol van regligie in die samelewing.

'n Dominee in 'n toga, 'n kansel en 'n sandsteenkerk

Charles Malan skryf oor die impak van globalisering op die kerk.

2006-06-03

'n Woord onderweg: Die regte vrae (Beeld)

Vrae rig 'n mens se doen en late, sê die skrywer van hierdie rubriek in Beeld.

Jesus wil nie dat die vraag wat diep in ons vasgelê is: “Wat is reg en wat is verkeerd?”, ons langer lei nie. Die tipiese vraag van Christus wat ons moet rig, is: “Wie moet ek liefhê?”.

2006-06-02

How the Early Christians Worshipped - Christian History

Hier is 'n blik op die eerste gemeentes en hoe hulle die Here aanbid het.

The early church is getting a lot of press these days, and inquiring minds want to know what Christians really believed before the Council of Nicaea. Perhaps the best way of finding out is to read the testimonies of early Christians themselves.

In his First Apology (155 A.D.), the second-century Christian philosopher and apologist Justin Martyr wrote a fascinating account of Christian worship and beliefs. Originally addressed to the Roman emperor in defense of Christianity, Justin's description gives us a window into what early Christians actually did when they gathered together. Here is an excerpt from this classic book.

Godsdiens-aktueel: Goeie vraag vir ‘kinders van God’

Yolanda Dreyer se rubriek in die Beeld van Maandag

Wat het van die sacred feminine in die kerk geword, vra The Da Vinci code.

En nou het die fliek verskyn.

Die wêreld reageer.

Daar is opstande en protes.

Die manne-kerkleiers waarsku lidmate om hulle nie bloot te stel daaraan nie.

Kan ons nou weer ketter- (en heksejagte) verwag?

Ek kan my voorstel dat die skrywer die spul so bekyk en sê: I rest my case.

’n Eerstejaar- teologiese student skud haar kop.

“Dat soveel mense nou ’n senuwee-instorting moet kry oor The Da Vinci code,” sê sy.

Gelowiges behoort vir hulself te kan dink en te kan onderskei tussen “feit” en “fiksie”. Beide “feite” en “simbole” kom buitendien in die Bybel voor.

Waarom kan hulle nie net rustig vasstaan in wat hulle wéét hulle glo nie?

In die fliek sê die hoofkarakter vir die vrou wat volgens die storie miskien Jesus se nageslag kan wees: “Would a daughter of God destroy faith or renew faith?”

Goeie vraag vir ons almal wat onsself “kinders van God” noem.

The Da Vinci code eindig waar die hoofkarakter na al sy ontberings die simbool van die sacred feminine vind. En hy is tevrede. As die ander deel bykom, is daar heelheid en balans.

‘NG Kerk word ’n Pinksterkerk’

Die onderskeid tussen die NG Kerk en die AGS word al hoe minder, meen ds Petrus Kriel van Levubu.