2006-03-30
2006-03-29
Christian's trial reveals gulf within Islam
'n Rubriek deur Susan Taylor Smith in die St Petersburg Times oor Moslem-sienings oor die versaking van Islam:
An Afghan Muslim appears to have escaped execution for converting to Christianity. But his case will long be a reminder of the gulf between Islam as it originated and Islam as interpreted by its extremist followers.
Experts on the faith say there is nothing in the Koran, the Muslim holy book, nor the teachings of the prophet Mohammed that bans conversion, let alone that requires a convert to be executed. Only after Mohammed's death did the idea of punishment emerge, and then as much for political reasons as for religious ones. ...
Klik op die opskrif hierbo om die res van die berig te lees.
Afgaanse Christen dalk na Italië
'n Berig wat in vanoggend se Beeld verskyn:
Die Afgaanse Christen wat die doodstraf in die gesig gestaar het omdat hy Islam versaak het, gaan moontlik 'n heenkome in Italië kry.
Mnr. Abdoel Rahman is gister in Kaboel onder beskerming gehou nadat hy die vorige nag vrygelaat is. Hy is vroeër in hegtenis geneem en aangehou omdat hy Islam versaak het om 'n Christen te word. Van sy landgenote het betoog dat hy die doodstraf moes kry omdat hy geweier het om na Islam terug te keer.
Klik op die opskrif hierbo om die res van die berig te lees.
2006-03-28
Afghans protest convert's release
'n Berig in gister se Toronto Star
KABUL, Afghanistan — Hundreds of people protested in a northern Afghan city Monday against a decision to free a man who faced a possible death penalty for converting from Islam to Christianity, officials said.
About 700 people, including Muslim clerics, gathered in central Mazar-e-Sharif, chanting "Death to Bush" and other anti-Western slogans, a day after a court announced it had dropped its case against Abdul Rahman, said police commander Nasruddin Hamdrad.
Klik op die opskrif hierbo vir die res van die berig.
Omstrede Evangelie van Judas in TV-dokkie ondersoek
'n Berig in vanoggend se Volksblad:
’n DOKUMENT, wat sover vasgestel kan word die Evangelie van Judas bevat en ná bykans 1 700 jaar in die 1970’s in Egipte ontdek is, is deur die National Geographic-vereniging in Washington ondersoek en ontleed.
The gospel of Judas sal nou as ’n dokumentêr op 9 April wêreldwyd oor National Geographic se kanale uitgesaai word.
Klik op die opskrif hierbo om die res te lees
Afgaanse Christen vir sielkundige toetse gestuur
Beeld berig as volg vanoggend oor die jongste verwikkelings in die saak rondom 'n Afgaanse Christen wat weens sy christenskap die doodstraf kon kry.
Te midde van diplomatieke druk op sy regering, gebede vir sy lewe deur Christene regoor die wêreld en betogings teen sy vrylating deur sy Moslem-medeburgers, is 'n Afgaanse Christen wie se lewe in die gedrang is omdat hy die Islam versaak het, gister deur die Afgaanse hooggeregshof vir sielkundige toetse gestuur.
Klik op die opskrif hierbo vir die res
Dis godslastering, sê kerke oor foto's van gekruisigde Zuma
'n Berig in vanoggend se Beeld:
Cecile Nel
In kerkkringe is met skok gereageer nadat ondersteu ners van mnr. Jacob Zuma hom gister voor die Johannesburgse hooggeregshof op 'n wit kruis uitgebeeld het.
"Waarom kruisig julle Zuma?" was op die kruis geverf bokant 'n foto van die gewese adjunkpresident, wat tans op 'n klag van verkragting verskyn.
Klik op die opskrif hierbo om die res van die berig te lees.
2006-03-27
Saak teen Christen in Afghanistan laat vaar
Die saak teen 'n Christen wat die doodstraf in die gesig gestaar het as jy skuldig bevind is dat hy die Moslem-geloof verloen het, is laat vaar.
Klik op die opskrif om Timeonline se berig te lees.
Nog eens die 'Karre
Die debat oor die 'Karre raak nou al seker so bietjie lank en uitgerek, maar die groep Prophet, wat uit Koos van der Merwe en Theo Geyser (beide predikante/pastore) bestaan, is nogal insiggewend aangesien hulle musiek self al van radiostasies verban is.
Die gospel-groep Prophet het gister gesê hy verstaan die pyn waardeur Fokofpolisiekar nou gaan met die kritiek wat dié groep kry, hoewel hy nie die 'Karre se stellings steun nie.
Ds. Theo Geyser, een van die sangers in dié duo wat hoofsaaklik bekend geword het met sy liedjie Houtkruis, het gister in 'n ope brief gereageer oor Christene landwyd se "haatspraak" teen dié groep. "Ons het nooit van die term gospel gehou nie (hoewel beide van ons predikante is), bloot omdat ons nie regtig oortuig is dat Christelike etikette noodwendig iets Christelik maak nie," sê hy. "Maar ons ken van verbanning. Ons musiek was jare lank op radiostasies verban."
Klik op die opskrif hierbo om die res van berig te lees.
2006-03-25
Crosswalk.com - Christians Urged to Prepare for Sharing 'Da Vinci' Truth
Steve Cable berig as volg:
(AgapePress) - The impending release of a movie version of the blockbuster novel The Da Vinci Code is stirring debate in Christian circles. To many, the release represents an attack on the Christian faith. Many others also see in it a door opener for sharing the gospel. The resulting impact will depend on how prepared Christians are to respond effectively."
Lees die res van die berig hier
Watter soort gesag?
André van Niekerk se rubriek in vanoggend se Beeld.
Terwyl Christene se wysvingers op die musikale polisiekarre gerig was, het meer vingers na ons eie hantering van die kwessie teruggewys.
Die Polisiekarre het die derde gebod, wat gelowiges teen misbruik van God se Naam waarsku, as nie-gelowiges oortree. Ongelukkig het Christene se reaksie ons oor die vyfde gebod laat struikel. Die gebod se breëre implikasies gaan oor die hantering van gesag.
Lees die res van die rubriek hier
2006-03-24
Beeld-forum: Wat het die Karre eintlik gevloek?
'n Rubriek deur Ferdi Greyling wat in vanoggend se Beeld verskyn:
Baie mense was die afgelope tyd in verskeie grade van ontsteltenis vasgevang nadat 'n lid van die Afrikaanse punkrockers Fokofpolisiekar aangehaal is dat hy God gevloek het.
Alles het 'n konteks - en dinge wat die samelewing skok wanneer dit by godsdiens kom, het baie beslis 'n konteks.
Mense is verweef in godsdiens. Dit is - seker meer as wat baie mense wil weet - in groot mate die konstruksie waarmee hulle die werklikheid om hulle en wat met hulle gebeur (of nie gebeur nie), interpreteer.
Lees hier verder
Vandag se dagstukkie
Lees eers: Matt 6:25-34 en Mk 4:1-9 en 13-20
Wie van ons ken dit nie: die sorge en bekommernisse van die lewe—maar ook die “verleiding van rykdom en die begeerte na allerhande dinge” (Mk 4:19).
Jesus was nie wêreldvreemd nie. As timmerman het Hy sy deel van sorge en bekommernisse geken. Ook die “verleiding” en “begeerte” na rykdom—en die Satan het sy bes gedoen om Jesus in die woestyn daaraan te laat toegee.
Wat Jesus egter ook geweet het was dat hierdie dinge ons vreugde en vrede steel. Dit verhoed dat ons ‘n lewe in voorvloed leef.
Jesus kom met ‘n alternatiewe lewensperspektief. Fokus op God se koninkryk bowenal, sê Hy. Haal die fokus van jouself af. Leef onselfsugtig en onselfgerig. As jy dit doen sal ‘n klomp van jou bekommernisse van jou rug afval. Jy sal sommer ligter voel!
Weet dan ook, sê Jesus, dat jy ‘n Vader in die hemel het. Jy is deel van God se huisgesin. Hy gee om vir jou en Hy wil vir jou sorg. Hy weet presies wat jy nodig het.
Hy sorg vir die wilde voëls. Hy sal vir jou ook sorg.
Hy beklee vir die veldlelies. Hy sal jou ook klee.
Hierdie week moes daar één belangrike boodskap by jou deurgekom het: Jy kan maar op die Here vertrou! Hy is by jou, Hy help jou, Hy red jou. Hy sorg vir jou en Hy maak die storms om jou in en jou stil. VERTROU op God se sorg!
2006-03-23
Vandag se dagstukkie
Hier is vandag se dagstukkie wat deel is van die 40 dae van fokus op ons verhouding met die Here. Die tema hierdie week is VERTROU op die sorg van die Here.
Lees eers: Mk 4:35-41 en Matt 6:22-32
Die dissipels was bang gewees ... baie bang. Die storm was vir hulle nie net onstuimige waters nie—nee, vir hulle was dit die bose self wat hulle wou vernietig. In die Joodse kultuur het die see die magte van die bose verteenwoordig. (Daarom sal daar op die nuwe aarde nie meer ‘n see wees nie—vgl Openbaring 21:1-5.)
In Markus lees ons dat Jesus die see stil maak! Jesus oorwin die bose op ‘n kragtige manier. Wanneer die lewe ons boot skud kan ons maar weet dat Jesus daar is om die storm—veral die storm in ons binneste—te kom stil maak. Ja, die bose wil alles in sy vermoë doen om ons van ‘n oorvloedige lewe te ontneem. Die bose sal ons lewensboot op allerhande manier wil omkeer. Maar laat ons dan nie “kleingelowig” wees soos die dissipels nie!
In Matteus het ons ‘n soortgelyke toneel: ook ‘n storm op die see. Maar daar is een verskil: Jesus is nie op die boot nie! Waar is Jesus? Hy loop op die see! Die bose hou nie vir Hom ‘n bedreiging in nie. Hy oorwin die magte van die bose.
Ons kan ook in ons lewens die magte van die bose oorkom. Ons kan ook op die see loop—soos Petrus. Die bose wat dreig om ons te verswelg en al die lewe uit ons uit te pers kan oorwin word! Ons hoef ons nie deur omstandighede te laat onderkry nie. Ons hoef nie vir mense te sê: “Dit gaan goed onder omstandighede” nie. Ons kan bo-op die omstandighede wees!
Maar dan moet ons ons oë op Jesus gevestig hou en nie soos Petrus wegkyk nie. En, ons moet bereid wees om uit die boot te klim! Wáág dit met God!
Intelligente Ontwerp vs Evolusie
In 'n diepte-artikel in die Beeld is die hele kwessie van Intelligente Ontwerp as altenatief vir die evolusieleer in skole bespreek.
Intelligente ontwerp (IO) het wetenskaplikes wat die evolusieleer as die enigste verduideliking vir die groot verskeidenheid van lewensvorme aanhang, aan die skarrel, sê Gideon Joubert.
Dit is omdat IO - die denkrigting dat lewe só kompleks is dat daar 'n intelligente verwekker móés gewees het - volgens hom so baie veld wen as 'n raamwerk vir die bestudering van die heelal se ontstaan en die ontwikkeling van lewe.
Lees dié artikel hier verder.
2006-03-22
Evolusie in die skole
"I think creationism is ... a kind of category mistake, as if the Bible were a theory like other theories ... if creationism is presented as a stark alternative theory alongside other theories I think there's just been a jarring of categories ... My worry is creationism can end up reducing the doctrine of creation rather than enhancing it,"Lees hier meer.
Vandag se dagstukkie
Hier is vandag se dagstukkie wat deel is van die 40 dae van fokus op ons verhouding met die Here. Die tema hierdie week is VERTROU op die sorg van die Here.
Lees eers: Psalm 40:1-5
In hierdie Psalm lees ons die woorde van iemand wat die hulp van die Here eerstehands ervaar het. Sy sê dat sy gesmag het na die hulp van die Here. Ons lei hieruit af hierdie persoon desperaat was. Sy het geen uitkoms meer gesien nie. Sy was hooploos en moedeloos.
Hoeveel keer bevind ons nie onsself in so ‘n situasie nie?
Die Here wil jou vandag kom verseker dat Hy, net soos Hy met die digter van die Psalm gedoen het, na jóú toe wil afbuig en jou red—selfs al is dit “uit die put van die dood”.
Ons hoef nooit te wonder waar ons hulp en redding vandaan sal kom nie. In alle omstandighede kan ons weet dat die Here nie ver is nie.
Die Here wil altyd vir ons “vaste grond” gee om op te loop en ‘n “nuwe lied” in ons mond kom lê. Die Here staan altyd gereed om vir ons nuwe lewensmoontlikhede te kom oopbreek—maak nie saak hóé vasgeloop ons voel nie.
Ons is geneig om wanneer die lewe druk ons hulp te gaan soek by “duister magte” en “skyngode”. Hierdie Psalm wil ons kom verseker dat dit goed gaan met mense wat hulle vertroue in die Here stel.
Vandag wil die Here vir jou kom sê dat daar altyd nuwe hoop en nuwe lewe moontlik is. Maar dan moet jy jou vertroue op Hom plaas. Hy is die enigste wat werklik kan help en red. Die Here se arms is sterk en is nooit te kort om te help nie!
Da Vinci Code hofsaak
Die hofsaak waarin Dan Brown, skrywe van die Da Vinci Code, aangekla is daarvan dat hy kopiereg oortree het, het Maandag tot 'n einde gekom. Uitspraak word egter eers heelwat later verwag. Lees hier meer.
Resensie van Daniël Louw se nuuste
Lees die res van die resensie hier
TER aanvulling van Hennie de Villiers se sielkundige navorsing en geskrifte oor die begrip “siel” lewer Daniël Louw se Ratwerke van die Menslike Siel ’n belangrike pastoraal-teologiese bydrae, veral deur sy beklemtoning van die kuns om sinvol mens te wees en te groei in identiteit, verhoudings en verantwoordelikheid.
Net Moslems?
The riots were as inexplicable as they were deadly. Outraged youths marched through the streets, armed with guns, machetes, and nail-laden boards. They destroyed houses of worship and businesses owned by religious minorities. At roadblocks, they demanded to know the religion of each passerby. Those who answered incorrectly were beaten to death, then decapitated, dismembered, and burned in the streets. The victims—more than 100—had nothing to do with what had supposedly sparked the outrage. They were just in the wrong place at the wrong time.
Muslims rioting over the publication of Muhammad caricatures? Sadly, no. These were Nigerian Christians rioting over the riots. Muslim riots over the cartoons earlier in the week had left about 50 Christians dead and several churches ruined in northern Nigeria, where Christians are a minority. So in the south, where Christians are safely in the majority, revenge attacks against local Muslims tripled the body count.
Klik hier vir die res: Cartoon Chaos - Christianity Today Magazine
2006-03-21
Vergifnis se vele gesigte
Elke dag ervaar Suid-Afrikaners op een of ander vlak hoe hul menseregte geskend word. Vir sommige is dit die gebrek aan voldoende behuising, lopende water, opvoeding. Vir 'n groot deel is dit hul reg tot veiligheid wat weggeruk word.
Te midde hiervan is daar die groot vraag oor die mens se vermoë om te vergewe.
Klik hier om die volle artikel te lees.2006-03-20
Lees eers: Psalm 13; Lukas 15; Efesiërs 2:19
Die Here het ons deel gemaak van ‘n wonderlike huisgesin—die gemeente. Binne ‘n gemeente is ons mekaar se broers en susters en is ons daar vir mekaar en help ons mekaar. Maar die wonderlikste van alles is dat ons binne hierdie huisgesin ‘n Vader het wat vir ons omgee en vir ons sorg.
Baie mense het nie goeie ervarings van hulle aardse pa’s nie. Daarom is dit vir hulle moeilik om die Vaderskap van die Here waarlik te beleef. Dit is jammer dat dit so is. As dit so is in jou geval, dink aan die Here as die ideale vader. Die ideale vader is iemand wat onvoorwaardelik vir jou lief is, wat jou met groot liefde rig en lei (en soms dissiplineer as dit nodig is!), wat ingestel is op jou behoeftes en vir jou sorg.
Die hoe die Here is! Hy is ook ‘n Vader wat enige tyd van die dag vir jou tyd het. Jy kan te alle tye na Hom toe gaan as jy ‘n bietjie by Hom wil wees, as jy met Hom iets wil deel van wat in jou lewe aangaan (Hy stel regtig belang en wil graag hoor!), of as jy iets nodig het of in die nood is.
Hy verstaan selfs as jy soms ‘n bietjie kwaad raak vir Hom—of dalk sommer baie kwaad is vir Hom! Die Here weet in alle geval wat in jou hart omgaan en dit help nie om dit vir Hom te probeer wegsteek nie. As jy kwaad vir die Here is, praat met Hom daaroor. (Soos die skrywer van Psalm 13.) Moenie net wegbly nie.
Onthou altyd: die Here is jou Vader wat jou liefhet en vir jou sorg.
Gebed:
Hemelse Vader
Dankie dat U regtig vir my ‘n Vader is! Ek wil sommer vandag nog met U praat ...
Amen
Da Vinci Code trial nears end
London - A three-week long trial that has swung from the religious mysteries in The Da Vinci Code to the more humdrum world of copyright law approaches its climax in a British court on Monday.
Lawyers for Michael Baigent and Richard Leigh, authors who claim millionaire novelist Dan Brown "appropriated the architecture" of their 1982 nonfiction book The Holy Blood and the Holy Grail, are to begin their closing arguments in the High Court.
Baigent and Leigh are suing Random House, publishers of The Da Vinci Code, for copyright infringement.
The Griqua Mission at Phillipolis, 1822 -1837 deur Karel Schoeman (red.)
David Livingstone- The truth behind the legend deur Rob MacKenzie, Fig Tree
Seën, voed, wys geestelike waardes
DIE huidige lydenstyd is vir die kerk ‘n tyd van geestelike inkeer, ’n tyd van nadink oor Jesus se lyding, sterwe en opwekking – en wat dit alles van óns sê, hoe óns inpas in die verhaal en wat dit alles vir ons menswees vandag beteken. Baie bid in dié dae, sommige vas selfs, uit verlange om geestelik gevoed te word, geseën met nuwe selfkennis, perspektief, helderheid.
Onnosel publiek val vir 'Karre se set
Rock 'n roll is nie katkisasie nie
Polisiekarre het reg op spraakvryheid
Godsdiens-aktueel: Kerk se keuse: bly agter of gaan saam
"Ek soek 'n nuwe kerk," sê 'n aangename, intelligente man met 'n goeie werk en 'n mooi gesin.
Hy was van kleins af betrokke by die kerk. Hy was jare lank ouderling. Hy het sy deel gedoen.
Maar nou is hy moeg daarvoor om sy tyd te mors in kerkraadsvergaderings wat redekawel oor: "die beker of kelkies?"
[Klik op die opskrif hierbo om die res van die artikel te lees]Kerke aanvaar 'Karre-apologie
Noudat die Afrikaanse rockgroep Fokofpolisiekar gesê het hulle is "baie jammer indien ons iemand aanstoot gegee het", behoort Christene hul verskoning te aanvaar.
Dít was gister die oordeel van twee prominente kerkleiers - dr. Isak Burger van die AGS en dr. Nelus Niemandt van die NG Kerk - asook van vyf Oudtshoornse predikante by wie die protes teen die Polisiekarre se optrede by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees begin het.
| |
| |||
| |||
| |||
Totale aantal stemme :413 Dié stemming is nie wetenskaplik nie en verteenwoordig net die menings van internetgebruikers wat deelgeneem het. Die resultate verteenwoordig ook nie noodwendig die menings van internetgebruikers in die algemeen of van die publiek as geheel nie. |
2006-03-19
2006-03-18
Voel jy permanent skuldig as jy die Bybel lees? Ek doen. Hierdie artikel van Thomas E. Ward, Jr. op die webblad THE OOZE gee egter 'n baie interessante perspektief op God se genade.
Lees gerus hierdie rubriek van André van Niekerk in vandag se Beeld.
2006-03-17
Die Burger
NG Kerk lig betig ná bohaai oor PolisiekarreNEELS JACKSON 16/03/2006 21:14 - (SA)
PRETORIA. – Dreigemente, onbeheerste woede en verwerping is nié die manier waarop lidmate en leraars van die NG Kerk teenoor die rockgroep Fokofpolisiekar behoort op te tree nie.

