Godsdiens-aktueel: Vier Jesus se menswording
Nico Botha se Godsdiens-aktueel artikel in vandag se Beeld.
’n Geliefkoosde preektema hierdie tyd van die jaar is om die kommersialisering van Kersfees te betreur.
Die clichés is oorbekend: Dat dit met die Kerstyd om winsbejag gaan; ’n oordrewe klem op die gee van presente; dat Christus heeltemal uit Kersfees verwyder is en net die blink liggies, versierings en uiterlike vertoon oorgebly het.
Ek het self al oor die tema gepreek dat die spoeg spat.
Die probleem is egter dat Suid-Afrika spog dat 80% van die bevolking nominaal of toegewyd die Christendom aanhang. ’n Mens moet dus of die onhoudbare afleiding maak dat slegs die 20% Suid-Afrikaners wat tot ander godsdienste of geen godsdiens behoort nie, meedoen aan die malle gedoente rondom Kersfees – of ’n mens moet aanvaar dat Christene met oorgawe meedoen. En dis half lekker ook nog.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home