2006-12-06

Gewete hou jou 60 jaar in tronk

Nog reaksie op Gay Sondaar.

Graag wil ek kommentaar lewer oor sekere stellings wat Gay Sondaar maak in gister se Beeld.

Dit is nie Christene wat sy lewe hel gemaak het nie en die aanhang van die Christen-geloof waarborg ook nie ’n sondelose lewe nie.

Nee, hy is self verantwoordelik vir die lewe wat hy lewe.

Dit is sy gewete wat hom 60 jaar in die tronk gehou het.

Die feit wat hy noem dat die Christen sy naaste moet liefhê soos homself is korrek, maar dit is juis uit hierdie liefde wat jy jou naaste moet reghelp as hy verkeerd handel volgens die Skrif.

Nee, broer, om gay verhoudings aan te knoop is verkeerd.

Waarom anders is Sodom en Gomorra deur God vernietig en waarom het Lot sy dogters aan hierdie manne van Sodom aangebied in die plek van die Engele van God?

0 Comments:

Post a Comment

<< Home