BeeldNG Kerk maak keel skoon oor gay-troues
Wat sê die NG Kerk oor gay troues?
‘Die enigste huwelik wat Skriftuurlik is, is dié tussen ’n man en ’n vrou.”
Prof. Piet Strauss, ondervoorsitter van die NG Kerk se algemene sinode en voorsitter van die Vrystaatse sinode, het gesê die wanindruk wat bestaan dat dié kerk dieselfde status wil toeken aan gay-huwelike as aan heteroseksuele huwelike, is “een groot misverstand”.
Dit kom nadat die Vrystaatse sinode, nes die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, nié die NG Kerk se parlementêre voorlegging oor homoseksuele verbintenisse ondersteun nie.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home