2006-12-06

As gay 60 jaar in tronk van skynheilige Christene

Hierdie brief het 'n hele klomp reaksie veroorsaak.

Ek, as gay man, vind nou nadat die Wet op Burgerlike Verbintenisse verlede Donderdag goedgekeur is, geen baat by dié wet nie.

Ek is oor die 60 jaar oud en het al die jare die wette van die Nas­ionale Party, die NG Kerk, die Broederbond en alle Christene slaafs nagevolg. Ek het geglo dat dit sondig is om gay te wees en dat slegs ’n kuis lewe my van die ewige hel sou red soos die homofobiese heteroseksuele Christene gepredik het.

’n Leeftyd lank het ek ’n leuen geleef en moes ek al my gevoelens en emosies onderdruk. Om die skyn te bewaar, moes ek met meisies uitgaan om al my verpligtinge as professionele persoon na te kom. Ek moes net meisievriende hê, want mense kon agterkom ek is “skeef” as ek met mans sou uitgaan.

Ek is briesend kwaad vir die Christene wat my lewe hier op aarde hel gemaak het. Ek het oor die 60 jaar onskuldig in die gevangenis van homofobiese, haatlike Christene gesit. Ek kan dié liefdelose Christene nie sommer net vergewe nie. Oor ’n lewenslange gay verbintenis in “liefde en trou”, spreek die Bybelskrywers geen oordele uit nie. Lees maar die Bybel weer en weer deur.

Die Bybel dui vir ons aan hoe Christene moet dink. Geregtigheid en liefde is van die belangrikste rigtingwysers. Jy, diskriminerende, homofobiese Christen, moet jou naaste liefhê soos jouself! Dít predik die Bybel.

Gay Sondaar, Piet Retief

0 Comments:

Post a Comment

<< Home