Advent
André van Nieker se rubriek in Saterdag se Beeld
Die nuwe kerklike jaar begin môre met die aanbreek van die Adventtyd. In die volgende vier weke versier Christene hul woonplekke met Adventsgoedere. Advent is Latyns vir “koms”.
Dis ’n tyd van verwagting en voorbereiding. In die era waarin die ekonomie ons kultuur bepaal, word wag ’n vreemde saak. ’n Mens leef onder die dwang van die onmiddellike. Die advertensies sinspeel dat net dom mense nog wag.
’n Mens moet jou behoeftes dadelik bevredig: “Leen nou geld”, “koop nou wat jy begeer”; “doen nou waarvoor jy lus is”.
Ons volg hierdie advertensies al weet ons dis onwaar. Die bankbaas, wat lenings aan almal adverteer, maan sy kinders om nie skuld te maak nie.
Wie suksesvol wil wees, moet kan wag op die bevrediging van behoeftes. Dit geld vir alles van geldsake tot romantiese liefde.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home