Path: /Published/Beeld/2006/11/18/B1/Texts/durand.xml Creator: system Last Modified by: lklootwyk Print Chanal: Beeld Edition: B1 Publication Date: 20
Dr Francois Durand, paleontoloog verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, se mening oor geloof en ewolusie.
Durand se navorsing oor evolusie het hom al baie kritiek en selfs dreigemente van godsdienstiges en konserwatiewes besorg.
“Daai mense het ’n baie eng begrip van wat aangaan. Dit is nie ’n kwessie van glo jy in evolusie, of nie. As jy glo in ’n skeppergod, moet jy glo God het alles geskape, insluitend aapmense. As jou wêreldbeskouing nie alle bewysbare feite kan akkommodeer nie, is iets inherent verkeerd daarmee.”
Oor sy geloofsoortuigings wil hy nie veel uitwei nie. “Glo is om te aanvaar wat jy nie kan bewys nie. Weet is om te aanvaar wat jy kan bewys en hoop lê iewers tussenin.”


0 Comments:
Post a Comment
<< Home