2006-11-22

Noag sy ark kwyt – hy ry nou in ’n boot

Die Nuwe Lewende Bybel is op 21 November bekend gestel.

N ou vaar Noag nie meer  met ’n ark deur die groot  vloed nie, hy ry met ’n boot.
Dís een van die lesersvriendelike vertalings in die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) van die Bybel wat gister in Pretoria deur die Christelike Uitgewersmaatskappy (Cum) bekend gestel is.
Mense weet nie meer wat ’n ark is nie en daarom het hulle besluit om liewer van Noag se boot te praat, het prof. Wil Vosloo, redakteur vir die vertaling van die Ou Testament, verduidelik.
’n Voetnoot verwys wel daarna dat Noag se boot soms ’n ark genoem word.
Prof. Andrie du Toit, redakteur vir die Nuwe Testament, sê twee goed was vir hulle belangrik: Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home