2006-11-22

‘NG Kerk, VGK moet grondeise saam pak’

VGK meen hulle kan help met grondeise.

Die NG Kerk moenie die probleem wat grondeise vir sy lidmate inhou, alleen aanpak nie, maar saam met die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK), sy swart susterkerk.
Só meen prof. Thias Kgatla, die VGK se moderator. Kgatla sê die kerke moet keer dat grondeise ’n swart-wit-kwessie word.
Dít kom nadat terugvoering uit verskeie streeksinodes van die NG Kerk laat blyk het dat die onsekerheid wat grondhervorming op die platteland skep, lidmate ook negatief oor kerkeenheid laat dink.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home