NG Kerk ‘moet huiswerk doen’
Uit die terugvoer wat uit die onderskeie streeksinodes ontvang is, blyk dit dat kerkeenheid nie allerweë positief bejeen word nie.
Die NG Kerk moet baie goed huiswerk doen oor wat die Bybel sê oor kerkeenheid, want dis baie belangrik vir lidmate.
Só het dr. Coenie Burger, moderator van die NG Kerk, vandeesweek gesê nadat die moderamen terugvoering gekry het oor lidmate se reaksie op die kerkherenigingsproses.
Uit die terugvoering van die moderators van die verskillende streeksinodes het dit duidelik geblyk dat die energie vir kerkeenheid in groot dele van die NG Kerk baie laag is. Terwyl daar plekke soos die Oos-Kaap is waar die oorgrote meerderheid van die ringe “baie positief” is oor die proses, het verskeie van die streeksinodes se moderators kwessies genoem waaroor lidmate ongelukkig.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home