2006-11-22

'n Meewarige kopskud

'n Meewarige brief van 'n meewarige lidmaat.

In Neels Jackson se berig NG Kerk ‘moet huiswerk doen’ (9 November) verwar drie dingetjies dié Kerk se lidmaat verder.
Eerstens sê ons moderator, dr. Coenie Burger, kerkeenheid is nie deel van die wet van God nie, maar dis deel van die evangelie.
Tot nou is hierdie leuen voorgehou as ’n onteenseglike Bybelse waarheid en voorskrif.
Tweedens lees Burger in sy lidmate se oë dat hulle kan sien kerkeenheid moet gebeur.
Dit, dr. Burger, is wat san­gomas doen – rasionele mense sê en beredeneer dinge waaroor hulle duidelikheid wil hê.
Derdens speel die moderator ’n politieke kaart deur te sê dit lyk soms vir hom of lidmate kwaad is vir die ANC en dan haal hulle dit op die Verenigende Gereformeerde Kerk uit deur te weier om met dié kerk een te word.
Bovermelde is tekenend van die dilemma waarin die moderamen hom bevind omdat hy nooit vasgestel het hoe die Gees sy lidmate lei nie – en dit nogal tydens die veel geroemde “seisoen van luister”. Oor hierdie paniekuitsprake moet ’n mens seker maar net met verbasing en meewarigheid die kop skud en glimlag.
Maar ons wat lief is vir ons kerk sal soos ds. Johan Raubenheimer van Potchefstroom-Noord, ons “klere skeur” en ons in bewoënheid voor ons lewende God “klein maak”.
Die moderamen moet dit dalk ook oorweeg.

) Lampies Cornelius, Pietermaritzburg

0 Comments:

Post a Comment

<< Home