Misdaad kwel kerkleiers
Kerke maak hulle stem dik teen misdaad
’N Wye spektrum van kerkleiers het die re- gering gister tot verantwoording geroep oor misdaad en geweld.
’n Verklaring van 31 kerkleiers wat byna al die land se grootste kerke verteenwoordig, sê onder meer die regering dra die primêre verantwoordelikheid vir die stryd teen misdaad.
Hulle vra spesifiek vir pres. Thabo Mbeki as regeringshoof om duidelike leiding hierin te neem.
Die verklaring volg op ’n vergadering van kerklui byna ’n maand gelede oor misdaad en geweld in die land. Hulle wou daarna ’n dringende ontmoeting met Mbeki reël, maar kon dit tot dusver nog nie regkry nie.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home