2006-11-22

Mandela volg in voetspore van Jesus, sê Metodiste

'n Huldeblyk aan Madiba deur die Methodiste Kerk.

“As daar ooit ’n man was wat in die voetspore van Jesus Christus geloop het, was dit dié man, Nelson Rolihlahla Mandela.”
Só sê die Metodistekerk van Suid-Afrika (MKSA) in ’n huldeblyk aan Mandela, self ’n Me­todis, wat die leiers van dié kerk onlangs aan hom oorhandig het.
Dimension, die maandblad van die Metodistekerk, berig dat ’n groep leiers van die MKSA, die Black Methodist Convention en die Metodistekerk van Brittanje Mandela besoek het. In die huldeblyk wat aan Mandela oorhandig is, word ’n kort oorsig oor Jesus se lewe gegee met ’n soortgelyke oorsig oor Mandela s’n daarna. Die teks, in Afrikaans vertaal, lui:
“Net meer as 2 000 jaar gelede is ’n kind gebore. Dié kind het ’n man geword en sy roeping vervul. Hy het ons baie goed geleer. Om mekaar lief te hê, om die waardes van geloof, hoop, genade, medelye en barmhartigheid na te streef.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home