Kerk moet veg vir vroue, kinders
Elsje Büchner se Godsdiens-aktueel artikel in die Beeld van Maandag.
Die lug is reeds vol Kersfees- vierings, maar daar is ongelukkig twee ander datums op die kalender wat hier aan die einde van November en begin Desember “gevier” word.
Ek kan nie anders as om “vier” tussen aanhalingstekens te skryf nie, want dit is twee somber datums en allermins datums waarop daar fees gevier kan word.
Dit is eerder dae waarop die wêreld bewus gemaak word van groot gebrokenheid te midde van hierdie feestyd.
Wêreldvigsdag is op 1 Desember en geniet baie aandag in die media en ander sektore.
Dit is oor die ander tydperk waaroor ek wil praat.
Van 25 November tot 10 Desember is ’n 16 dae lange veldtog teen geweld teen vroue en kinders.
Hoe ironies is dit nie?
Vroue en kinders is só onveilig dat daar ’n veldtog moet wees om mense van hierdie stuk ironie bewus te maak en te vra dat dit moet stop – en dit gedurende die Kersseisoen!


0 Comments:
Post a Comment
<< Home