NG Kerk staan by sy siening van die huwelik
Ben du Toit en Kobus Gerber stel die NG Kerk se standpunt ten opsigte van die huwelik.
Vir die NG Kerk is die Christelike huwelik steeds “die verbintenis tussen een man en een vrou”.
Dié kerk beskou homself ook steeds as beskermer van die Christelike huwelik en sal hom uitspreek teen enigiets wat dié instelling bedreig.
Christene moet egter onthou “die Bybel is nie bo die Grondwet verhewe nie”, hoewel die Woord van God vir hulle die hoogste gesag is.
“Dis jammer sommige Christelike groepe eis die morele hoë grond op deur hulle op ’n Bybelse standpunt te beroep in hul uitlatings hieroor en oor ander burgerlike verbintenisse,” het die NG Kerk-leiers drr. Ben du Toit en Kobus Gerber die afgelope week in hul voorlegging aan die parlementêre komitee oor die Huwelikswet en Wetsontwerp op Burgerlike Verbintenisse gesê.
Du Toit is parlementêre verteenwoordiger van die NG Kerk en Gerber sekretaris.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home