2006-10-09

‘Huwelik nie vir gays’

'n Berig oor die protesopgtog van Marriage Alliance teen huwelik vir gays.

‘Ons sal nie buig voor die Grondwet nie, ons buig voor Jesus!”

Só het ds. Malcolm Jacobs van die Marriage Alliance of South Africa, ’n geloofsgebaseerde organisasie, eergister aan sowat 250 protesgangers tydens hul optog teen huwelike vir gays gesê.

Dié organisasie se lede het eergisteroggend van die Pretoriase Kunsmuseum na pres. Thabo Mbeki se kantoor by die Uniegebou ge­stap waar hulle ’n memorandum aan die kantoor van die departement van justisie oorhandig het. Hierin het hulle geëis dat die woord “huwelik” net na die verbintenis tussen ’n man en vrou verwys.

Die wetsontwerp waaroor openbare voorleggings tans aangehoor word voordat dit eersdaags in die parlement dien, skep ’n instelling vir gays wat soortgelyk aan ’n huwelik is, maar tog anders.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home