Presies twintig jaar nadat dr. Allan Boesak die NG Kerk uitgedaag het oor sy beloftes, sy begrip van die Woord en dit wat sy woord werd was, staan hy wéér voor uitdagings.
Dié keer nie om rug styf te maak teen 'n stelsel van onreg en om sy mense uit dié vernedering te lei nie, maar om die "wit" kerk se toenadering te aanvaar, en om óók te sê: "Ek is jammer."
Boesak, wat twee dekades gelede moderator van die ou NG Sendingkerk was, is die afgelope week tot moderator van die Kaaplandse sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) verkies.
0 Comments:
Post a Comment
<< Home