2006-08-15

Rassisme in 'n te vlak graf begrawe

Allan Boesak se rubriek in gister se "Godsdiens-aktueel" rubriek.

‘Die dinge wat uit die mond kom, kom uit die hart”, sê Jesus, “en dit is dié wat die mens onrein maak.”

Hierdie waarheid is weer bewys met die onbesonne, maar steeds skandelik rassistiese opmerking van die Australiese krieketkommentator Dean Jones oor Hashim Amla. “Dit was nie bedoel om oor die lug gehoor te word nie,” is sy verskoning. Dis oukei as ek dit dink, solank ek dit net nie hardop sê nie. Of dis oukei as ons dit onder mekaar sê, solank die ander teen wie dit gemik is, net nie hoor nie. Want in daai kommentaarhokkie was daar iemand met wie Jones só gemaklik gevoel het dat hy dit wel teenoor dié kon sê.

Maar wat in die hart broei, sal uitkom.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home