2006-08-02

Beeld

Wilhelm Jordaan se artikel oor kritiese geloof in vandag se Beeld.

“Die spanning tussen kerklike tradisie en kritiese geloofsverantwoording.”

Dié frase vorm die kern van ’n hele reeks onlangse klagtes van leerdwaling teen teologiedosente en predikante van die NG Kerk – ook in die mees onlangse uitspraak (Beeld, 29 Julie) waarin twee teologiedosente aan die Universiteit van Pretoria onskuldig bevind is.

Vir die kerk – wat volgens sinodale besluite “gekies het om die weg van openhartige kritiese debat oor geloofsake te volg” – is sulke uitsprake vanselfsprekend belangrik. Maar hoe moet gewone gelowiges dié spanning en uitsprake begryp?

Tradisie is die hart van die kerk. Dit behels leerstellings en gebruike wat deur die eeue oorgedra is, ingeklee in bepaalde bewoordings. Die bekende Apostolicum wat Sondae in eredienste gebruik word en wat tussen die 4de en die 6de eeu n.C. ontstaan het, is ’n voorbeeld hiervan.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home