2006-07-03

Comrades op 'n Sondag - reaksie

Reaksie op die Comrades-marathon-vereniging se besluit om die Comrades marathon die volgende drie jaar op 'n Sondag te laat hardloop.

Die Comrades-marathon- vereniging se besluit dat die Comrades die volgende drie jaar op ’n Sondag gehardloop word pleks van op Jeugdag, kan die Bybelgenootskap van Suid-Afrika duisende rande kos.

Dit gaan daarvan afhang hoe die verandering die Bybelgenootskap se Hardloop-vir-Bybels-projek uiteindelik raak.

Een manier waarop die projek geknou kan word, is dat van die deelnemers daaraan kan besluit om nie weer die Comrades te hardloop nie, omdat dit op ’n Sondag val.

Intussen het die Vryheidsfront Plus aangekondig dat hy in oorleg met kerke, Christelike organisasies en ander drukgroepe ’n veldtog wil begin teen die hou van die Comrades op Sondae.

Mnr. Willie Spies, woordvoerder van die VF+, sê dit sou onvanpas wees om steeds die temamusiek van die rolprent Chariots of fire te gebruik as die wedloop wel op ’n Sondag gehou word.

Dié rolprent het juis gehandel oor ’n atleet, Eric Liddell, wat tydens die Olimpiese Spele van 1924 geweier het om op ’n Sondag deel te neem.

Dr. Kobus Gerber, hoofsekretaris van die NG Kerk, het in ’n verklaring ook sy teenkanting vir die besluit te kenne gegee.

Gerber vra dat die besluit opgeskort word en dat die organiseerders ’n vergadering hou waar die burgerlike gemeenskap betrek word.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home