2006-07-31

Beeld

Isak Burger van die AGS se rubriek in vanoggend se Beeld.

Niemand hou van krisis en teëspoed nie. Dit is natuurlik en logies om vir jou ’n veilige gemaksone te probeer skep.

Die probleem met so ’n gemaksone is net dat ’n mens geneig is om die goeie as vanselfsprekend te aanvaar en dit wat eintlik genade is, as regte toe te eien. In so ’n gemaksone is ’n mens ook geneig om andere te ignoreer en te vergeet – veral as hulle minderbevoorreg as jyself is.

Die kerk het oor die eeue nie hierdie tendens vrygespring nie. Trouens dit lyk amper of daar ’n historiese en tradisionele noodwendigheid in die kerk bestaan om homself te vestig, gemaklik te maak en homself daarna net in stand te hou en die lidmate gelukkig te hou. As ’n dominee of pastoor dít regkry, is die meeste lidmate tevrede.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home