2006-06-27

NG lidmate gepols oor tweede doop

'n Berig in vanoggend se Beeld.

Watter rol speel die doop en die gawes van die Gees in die besluit van lidmate om die NG Kerk te verlaat en by pinkster- of charismatiese kerke aan te sluit?

Dit is die tema van ’n ondersoek wat ds. Jannie Pelser, predikant van die Rant-en-Dal-gemeenskaps­kerk in Krugersdorp, nou aangepak het na aanleiding van die polemiek om ’n tweede doop wat dié gemeente nou wil invoer.

Rant-en-Dal, ’n NG gemeente, wil naas die verbondsdoop ook ’n bekeringsdoop invoer vir lidmate wat ’n behoefte het aan ’n sigbare ritueel om hul bekering mee te vier.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home