2006-06-26

Kerkeenheid kom! (Rapport)

Die onlangse ontwikkelings op die gebied van kerkeenheid kan nie anders as 'dramaties' beskryf word nie.

'N Naam word reeds op die tong rondgerol vir die nuwe verenigde kerk wat uit die boesem van die NG Kerkfamilie te voorskyn moet kom.

In 'n dokument ná die afgelope week se waterskeidingberaad in Esselenpark, Johannesburg, waar reuse-spronge in die rigting van eenheid gegee is tussen die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) en Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) word voorlopig voorgestel die nuwe kerk moet die United Reformed Presbyterian Church in Southern Africa/Verenigde Gereformeerde Presbiteriaanse Kerk in Suidelike Afrika heet, het ds. Daniel Kuys, mediawoordvoerder van die VGK, aan Rapport gesê.

Indringende samesprekings word nou met die twee ander lede van die NG Kerk-familie, die NG Kerk in Afrika (hoofsaaklik swart) en die Reformed Church in Africa (hoofsaaklik Indiër), gevoer om by die verenigingsproses betrokke te raak.

Kuys sê die twee kerke het binne drie dae, ná twee dae se afsonderlike sittings, by 'n "splinternuwe fase in gereformeerde kerk-wees in Suid-Afrika" gekom. Dit is dat die VGK en die NGK in hul huidige formaat sal ophou bestaan en sal saamsmelt.

Dit sluit in dat nuwe belydenisskrifte, waarby die Belydenis van Belhar gei¨nkorporeer sal word, en 'n nuwe kerkorde opgestel sal word.

Die Belydenis van Belhar is egter nie 'n voorwaarde vir kerkvereniging is nie," sê Kuys.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home