Godsdiens-aktueel: Goeie vraag vir ‘kinders van God’
Yolanda Dreyer se rubriek in die Beeld van Maandag
Wat het van die sacred feminine in die kerk geword, vra The Da Vinci code.
En nou het die fliek verskyn.
Die wêreld reageer.
Daar is opstande en protes.
Die manne-kerkleiers waarsku lidmate om hulle nie bloot te stel daaraan nie.
Kan ons nou weer ketter- (en heksejagte) verwag?
Ek kan my voorstel dat die skrywer die spul so bekyk en sê: I rest my case.
’n Eerstejaar- teologiese student skud haar kop.
“Dat soveel mense nou ’n senuwee-instorting moet kry oor The Da Vinci code,” sê sy.
Gelowiges behoort vir hulself te kan dink en te kan onderskei tussen “feit” en “fiksie”. Beide “feite” en “simbole” kom buitendien in die Bybel voor.
Waarom kan hulle nie net rustig vasstaan in wat hulle wéét hulle glo nie?
In die fliek sê die hoofkarakter vir die vrou wat volgens die storie miskien Jesus se nageslag kan wees: “Would a daughter of God destroy faith or renew faith?”
Goeie vraag vir ons almal wat onsself “kinders van God” noem.
The Da Vinci code eindig waar die hoofkarakter na al sy ontberings die simbool van die sacred feminine vind. En hy is tevrede. As die ander deel bykom, is daar heelheid en balans.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home