2006-06-27

God kan 1 ding nie doen - en dis lieg

Amie van Wyk praat oor die konsep van waarheid in die modernisme en postmodernisme.

Die postmodernisme het (in sy reaksie teen die modernisme) ’n belangrike bydrae gelewer om ons opnuut onder die besef te bring van die voorlopigheid en beperktheid van menslike kennis en vermoë. Trouens, die Bybel self verwys daarna dat ons slegs “gedeeltelik” ken (én preek) (1 Kor 13:9).

Maar die postmodernisme gaan te ver as hy meen dat elke vorm van kennis van die waarheid uitgesluit is en dat die waarheid nie in stellings uitgedruk kan word nie. Ons mag nie uit die beperktheid van ons kennis konkludeer tot die onegtheid daarvan nie.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home