2006-06-10

God en die Skepping

André van Niekerk se rubriek in vanoggend se Beeld.

Die wyse waarop ons die skepping beskou, bepaal grootliks hoe ons dit behandel. Binne die huidige Christelike geloofsdenke is daar drie benaderinge:

# Die teïstiese benadering glo God het ’n werklikheid naas homself geskep. Die skepping is geheel anders as God en daar is ’n groot afstand tussen God en die skepsels. Die mens moet oor die skepping heers. Sommige meen selfs ons kan die aarde opgebruik want daar kom “ ’n nuwe”!

# Panteïste glo alles is God in teenstelling met teïsme se belydenis dat alles van God kom. Die skepping en Skepper hoort soos liggaam en siel byeen. Dit is onhoudbaar omdat bewaring van die natuur byna identies word aan die bewaring van God en aanbidding van God moeilik van aanbidding van die natuur onderskei kan word.

# ’n Minder bekende benadering is panenteïsme. Dit dui dat “alles” (pan) “in” of “te midde van” (en) “God” (theos) bestaan.

Jürgen Moltmann, ’n Duitse gereformeerde teoloog is een van die vernaamste voorstanders van hierdie benadering.

Hy verduidelik dat God soos ’n moeder is wat ruimte vir nuwe lewe binne haarself maak. Die lewe van hierdie kind is totaal afhanklik van die moeder, maar is nietemin ’n eie lewe.

Hierdie benadering handhaaf teïsme se oortuiging dat God naas die skepping bestaan maar ook panteïsme se bydra dat God altyd naby en teenwoordig in hierdie wêreld is.

Daar is skrifgedeeltes wat klink asof dit in ooreenstemming met panenteïsme is: “U omsluit my van alle kante, U neem my in besit...” (Ps. 139:5); “Uit Hom, deur Hom en tot Hom is alle dinge...”(Rom. 11:36).

Die benadering het ook tekortkominge.

Dit help ons egter om in vennootskap met God verantwoordeliker teenoor sy skepping te lewe.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home