Beeld-forum: Nou kort die kerk ’n nuwe naam
Neels Jackson skryf in 'n rubriek in die Beeld oor die onlangse verwikkelinge rondom kerkeenheid.
Die euforie onder kerkleiers oor hul deurbraak met kerkeenheid in die NG Kerkfamilie is verstaanbaar, maar hef aan lê nog voor.
Oor jare het genoeg lidmate en genoeg gemeentes in die NG Kerk hakke ingeskop teen enige vorm van kerkeenheid dat dit werk gaan kos om al die skape in die eenheidskraal te kry.
Gelukkig vir die kerkleiers het die Verenigende Gereformeerde Kerk nou die grootste klip waaroor NG mense gemor het, uit die pad gerol – die voorwaarde dat die belydenis van Belhar deur almal aanvaar moet word voordat eenheid kan realiseer.
Ek wonder of gewone NG lidmate besef wat dit van die VGK geverg het, hoe belangrik dit vir hulle is.
In ’n tyd toe bruin mense tweedeklasburgers was, toe die stelsel in die land hulle soos tweedeklasmense laat voel het, is dié belydenis in hul kerk se algemene sinode gebore.
Daarin kon hulle in teologiese taal antwoord op die verontmensliking wat die politiek vir hulle gebring het.
Dit was iets wat hul trots en hul menswaardigheid help herstel het. Dit was ’n belydenis wat gesê het hoewel ander mense hulle as onbelangrik en minderwaardig beskou, is hulle steeds vir God belangrik.
Ek kan goed begryp dat hulle so lank daarop gestaan het dat dit soos al die ander belydenisse in ’n nuwe verenigde kerk opgeneem moet word en deur almal aanvaar moet word.
Nou is die vraag hoeveel mense daar gaan wees wat ander struikelblokke gaan soek om die proses te probeer belemmer.
’n Kwessie wat in di


0 Comments:
Post a Comment
<< Home