2006-05-20

Willem Nicol se geloofsreis

Beeld se Neels Jackson het met Willem Nicol, baanbreker predikante van die NG kerk gaan gesels.

‘Willem Nicol,” sê iemand onlangs, “is die kerk gewoonlik 10 jaar vooruit om dinge raak te sien.”

Daar steek waarheid in dié opmerking. Toe die Bybelwetenskappe se kritiese insigte nog net hier en daar in die NG Kerk begin uitslaan het, was Nicol een van die teoloë wat dit verstaan het. En terwyl die NG Kerk se leierskorps nog bankvas agter die destydse regeringsbeleid van apartheid gestaan het, was Nicol een van die kritiese stemme in die kerk daarteen.

Nou is hy op die voorpunt daarvan om ’n kontemplatiewe spiritualiteit aan die NG Kerk bekend te stel. Só belangrik is dit vir hom dat hy nou, ná 33 jaar as studenteleraar, vier jaar vroeg aftree sodat hy hom behoorlik hierop kan toespits.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home