Sedert die inhoud van byna twee weke gelede bekend gemaak is, gons dit wêreldwyd oor die herontdekte Evangelie van Judas. Maar wat presies staan in dié evangelie? Johannes de Villiers het dit onder oë gehad.
VREESLIK baie is die laaste paar dae oor die Evangelie van Judas geskryf en gesê – oor of dit eg is, waar dit vandaan kom, wat die impak daarvan gaan wees.
Iets wat ’n mens egter nie lees nie, is wat presies daarin staan. Dit is wyd bekend dat Jesus in dié evangelie Judas vra om hom aan die owerhede uit te lewer om gekruisig te word, maar dit gebeur maar in die laaste paar paragrawe van die boek. Die res bestaan uit preke wat Jesus aan Judas en die ander dissipels gee oor veel meer esoteriese sake.
0 Comments:
Post a Comment
<< Home