Sondag 14 Mei by Lyttelton-Oos
09:00 en 10:30 Tema: Die huisgesin van God vergewe mekaar.
Dit is die eerste in 'n reeks van vyf wat handel oor ons verhouding met mekaar. Ons kyk hierdie Sondag na die basis van ons verhouding met mekaar, naamlik onvoorwaardelike aanvaarding van mekaar. Dit beteken dat ons geduld met mekaar sal beoefen, sag met mekaar sal werk en vir mekaar ruimte sal maak. Niemand van ons is perfek nie - ons is immers 'n gemeenskap van sondaars!
19:00 Mosaïek-diens: Ds Freddie Schoeman. Tema: Inligting oor die Da Vinci Code
Die boek van Dan Brown - en nou ook die fliek - gee vir ons geleentheid om nie net ons eie geloof te versterk nie maar ook om met ongelowiges in gesprek te tree oor onderwerpe wat op almal se lippe is. By hierdie geleentheid gaan ons kyk na die bewering dat Jesus getroud was en die voorvader was van die Franse koningshuis!


0 Comments:
Post a Comment
<< Home