2006-05-01

Onderhoud met Prof Johann Cook, kenner van die antieke

Prof Johann Cook bied in hierdie onderhoud wat met hom gevoer is baie interessante perspektiewe op die Judas "evanglie" en op die rol van die Griekse vertaling van die Ou Testament, die Septuagint.

“Die Septuagint, wat uit die tweede eeu v.C. dateer, word nie ernstig genoeg geneem in die Gereformeerde tradisie nie.”

Die Afrikaanse Bybel, verduidelik hy, is op die Kodeks Leningradensis (1008 n.C.) gegrond. “Die Septuagint gee egter vir ons ’n perspektief op die diversiteit wat geheers het in die vroeë Christendom en dit bied insig in hoe gelowige Jode in die tweede eeu voor Christus godsdienstige en kulturele bedreigings gehanteer en ervaar het. In my navorsing toon ek aan ’n boek soos Spreuke is effektief ’n Joodse geskrif deur iemand met ’n goeie opvoeding in die Judaïsme en die Griekse lettere en filosofie.”

0 Comments:

Post a Comment

<< Home