Los dít wat Christus afgeskaf het
Prof Hennie Pieterse van UNISA se reaksie op Rant en Dal gemeente wat die bekeringsdoop begin bedien het, in 'n brief aan Beeld vandag.
Ek ondersteun die Wes-Transvaalse NG sinode van my kerk in hul afwysende standpunt teenoor die “bekeringsdoop”, “oordoop”, “belydenisdoop” of die doop van Johannes van mense wat die doop as kinders van gelowige ouers ontvang het.
Mense wat in ons Reformatoriese tradisie ’n bekeringservaring het, seker word van hul verlossing of in geloof hul Christelike opvoeding en -leer bevestig, gebruik die nagmaal – ’n gelyke sakrament waarin die Gees net so kragtig werk as in die doop. Mense wat die behoefte het, kan getuienis lewer in die erediens en dan die nagmaal gebruik.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home