Leeff Jesus-tradisie uit
'n Brief wat in Woensdag se Die Burger verskyn het.
Skynbaar is daar ’n beduidende groep mense onder ons wat nog nie die gees of strekking van die evangelies besef nie. Hier wil ek sommer ’n paar ander debatte wat tans gevoer word aanraak - dis nou behalwe die Liewe Heksie- en die Da Vinci-sindroom waarna Walters verwys. Ek vermoed dat Jesus en sy volgelinge nie waardevolle tyd sou vermors het om heeltyd vir almal te probeer verduidelik hoe sondig hulle eintlik is of hoe ver ons van hulle of hulle van ons moet wegbly nie.
Inteendeel, ek vermoed dat Jesus in liefde met hierdie mense (lees die Polisiekarre, gays, ensovoorts) gemeenskap sou gevoer het en deur sy voorbeeld die Christelike standpunte en filosofieë in hul teenwoordigheid met liefde sou uitgeleef het. Altyd die eerste om te vergewe of om versoening te bewerkstellig.
Miskien tas ek mis, maar dit lyk of God ’n God van liefde en verdraagsaamheid is, eerder as een wat alles en almal wil veroordeel of verstoot - om nie eens te praat van demoniseer nie. Dis daarom dat Hy gewoonlik tussen sondaars, minderbevoorregtes en almal wat deur die gemeenskap verwerp is, aangetref word.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home