2006-05-22

Godsdiens-aktueel: Sendingwerk se pendulum swaai

Dr Isak Burger van die AGS se artikel in vanoggend se Beeld.

Enkele weke gelede het ek die een-maal-in-’n leeftyd ervaring gehad om die Azusastraat-konferensie in Los Angeles by te woon. Hierdie konferensie het die 100-jarige bestaan van die moderne Pinksterbeweging gevier.

Benewens die 32 000 afgevaardigdes wat geregistreer was, (hoofsaaklik kerkleiers uit 114 lande van die wêreld) en die wonderlike geestelike belewenisse, het ’n mens diep onder die indruk gekom van die fenomenale dinge wat besig is om op Christelik-kerklike terrein regoor die wêreld te gebeur. Jy voel eintlik verleë as jy die godsdienstige kwessies en onderwerpe sien waaroor daar in Suid-Afrika hare gekloof en energie verspil word.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home