Godsdiens-aktueel: Kerk het haar in dié 'mall' gevestig
Elsje Buchner se rubriek in Maandag se Beeld.
In die ooste van Pretoria staan meer as 15 groot kerke. Elkeen van dié gemeentes het duisende lidmate, goeie geriewe en lewendige bedieninge. Die meeste kan jou vertel dat hulle groei en dat hul geriewe onder druk is. Bouwerk is op meer as een gemeente se agenda. Duisende mense vestig hulle in dié deel van die stad en waar daar voorheen nog grasveld was, staan daar môre huise.
Dit is regtig 'n voorreg om deel te kan wees van 'n groot en groeiende gemeente. Nie dat ons al die antwoorde het nie, want die malls is Sondae vol mense - mense wat verkies om nie kerk toe te gaan nie.
Meer as een stem gaan op dat kerke nie noodwendig groter geboue moet bou nie, maar 'n alternatiewe gemeente in 'n mall moet vestig.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home