Gaan kyk ‘Da Vinci’ en dink self
Johann Wentzel van Roodepoort meen die Christelike geloof is 'n histories manipulerende godsdiens.
So, ná die verskyning van die boek en nou van die fliek met die naam The Da Vinci code is die boodskap van die Bybel al weer baie omstrede. Miskien is dit tyd dat Jesus Christus opstaan en vir Homself baklei!
Of miskien is dit tyd dat ons die feite onder oë neem en godsdiens, enige godsdiens, sien vir wat dit regtig is – ’n manier om die samelewing te orden.
Wat maak dit saak of Jesus getroud was of nie? Of hy kinders gehad het of nie?
Natuurlik is dit erg om te besef dat dit eintlik nie regtig saak maak nie.
Nee wat, dink eerder aan die potensiaal van ’n mensdom wat nie beperk word deur ’n histories manipulerende godsdiens nie. Gaan kyk die fliek en begin self ’n bietjie dink.
Johann Wentzel,
Roodepoort


0 Comments:
Post a Comment
<< Home