‘Da Vinci code’-fliek ‘vervelig
Die eerste indrukke vir die rolprent 'The Da Vinci Code' is blykbaar nie baie positief nie.
Londen. – Die rolprent The Da Vinci code is geen meesterstuk nie en as riller het dit dringend mediese hulp nodig, sê dié wat dit al gesien het.
The Da Vinci code begin môre in Suid-Afrika draai, maar resensente en kerkleiers wat die rolprent Dinsdagaand in Londen gesien het, sê Suid-Afrikaners moenie te veel verwag nie.
The Times se resensent gee die prent drie uit ’n moontlike vyf sterre en sê die “storie is só vergesog dat dit trane van blydskap bring”.
“Any thriller that can throw up the line, ‘I have to get to a library fast’, is in dire need of medical attention,” skryf hy.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home