2006-05-11

Beeld, Dinsdag 9 Mei 2006, p. 03: NG gemeente sê ja vir volwassenes se doop

"'n NG gemeente in Krugersdorp het besluit om lidmate wat as volwassenes tot bekering kom, te doop as hulle dit vra.

Die Rant en Dal-gemeenskapskerk sê dat hulle nie daarmee die verbondsdoop van kinders van gelowige ouers verwerp nie. Lidmate wat om 'n volwasse doop vra, is ernstig met hul geloofsverhouding met die Here en die kerk wil aan hul geestelike behoeftes voldoen.

In die gereformeerde tradisie word daar tradisioneel nie ruimte gelaat vir 'n tweede doop nie, maar prof. Adrio König, sistematiese teoloog, het 'n paar jaar gelede die moontlikheid geopper dat daar naas die verbondsdoop van kinders, ook ruimte kan wees vir 'n bekeringsdoop soos wat Johannes die Doper bedien het."

0 Comments:

Post a Comment

<< Home