Onwaarheid in artikel oor Bybel
'n Brief van Sakkie Spangenberg in reaksie op die artikel oor die apokriewe boeke van die Bybel.
Teen die einde van die artikel Bybelse aanvullings - Verbeeldingsvlugte van die vroeë Christene (12 April) staan die volgende sin: "Die Ou Testamentiese apokriewe bied onder meer insig in die tydperk vanaf 400 jaar voor Christus waaroor die Bybel swyg".
Hierdie stelling is van alle waarheid ontbloot. Die boek Prediker is in die jaar 250 v.C. geskryf en die boek Daniël tussen die jare 167 en 164 v.C.
Die Protestantse Ou Testament swyg allermins oor hierdie tydperk en die Katolieke Ou Testament nog minder.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home