2006-04-17

Om kerk en staat uitmekaar te hou

Amie van Wyk se artikel in die rubriek Godsdiens-Aktueel in vanoggend se Beeld.

Al kan ons Bonhoeffer se deelname aan die tiranmoord nie goedkeur nie, bly sy moedige optrede teen 'n politieke diktatuur 'n ligbaken in 'n see van onreg en staatsabsolutisme. Soms is dit nodig om juis téén jou volk standpunt in te neem ten einde vir jou volk te kies.

Geen wonder nie dat baie mense Bonhoeffer vandag beskou as 'n nuwe soort martelaar, 'n politieke, eerder as kerklike martelaar.

Navorsers wys daarop dat die politieke keuse wat Bonhoeffer gemaak het ('n tiranmoord) polities naïef was.

Daarby staan só 'n keuse op gespanne voet met die navolging van Christus. Christus het Hom nie in isolasie teruggetrek soos die Essene van sy tyd nie, maar Hy het Hom ook nie by die gewelddadige verset van die Selote geskaar nie. Hy het die bevrydende weg van die koninkryk van God gekies waar Hy sy lewe vir ander afgelê het en só die mag van die Bose verbreek het.

Dit is die effek wat Paasfees op mense het: die kruis van Jesus maak jou bereid om te ly (vir wat reg is), sy opstanding maak jou opstandig (teen alle onreg) en sy opwekking laat jou opgewek lewe.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home