2006-04-24

Die Wederkoms, weer en weer. . .

Christo Lombaard, verbonde aan UNISA gee hierdie vars perspektief op die wederkoms van Jesus.

As dit moeilik gaan met gelowiges, vra hulle opnuut die vraag: Maar wánneer kom Jesus? Die bestaan van die hele Nuwe Testament is al onder meer daaraan toegeskryf, dat hierdie wederkomsverwagting teleurgestel is. Byvoorbeeld: sowat ses dekades ná Jesus se dood, onder groot vervolging, is hierdie vraag weer ánders beantwoord, deur die Openbaring-boek: in 'n groot eindstryd sal God-en-goed die Bose-en-swaarkry vernietig. Toe kom dié eindtyd ook nie . . .

Deur die kerk-eeue heen is dikwels gedink, maar híér's daai tyd nou. Nóú gaan dit so moeilik, dit móét die einde wees. Maar nog is dit het einde niet.

In die afgelope twee of drie eeue, die era van denke en wetenskaplikheid, moes hierdie Jesus-vraag weer anders beantwoord word, juis omdat Hy bly wegbly. Een van die meer gewilde maniere waarop nou 'n antwoord gegee is, was deur 'n ou gedagte te herwin: Jesus kom baie keer. Naamlik: élke keer wat iets goeds gebeur, wat iemand iets goeds doen, dáár kom Jesus mos weer.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home