Die Evangelie van Judas
Hieronder is 'n paar skakels na berigte wat in die internasionale pers verskyn het oor die Evangelie van Judas, wat onlangs ontdek is. Dit is 'n produk van 'n tweede-eeuse sekte, die Kaïniete, wat al die slegte karakters van die Bybel as helde voorstel. In hierdie evangelie word Judas, wat Jesus verraai het, voorgestel as iemand wat 'n heldedaad verrig het. Jesus sou hom versoek het om dit te doen sodat Hy van sy aardse liggaam ontslae kan raak. Hoewel die manuskrip wat ontdek is, wel eg is, is dit duidelik dat die gebeure wat in hierdie evangelie beskryf word, fiktief is.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home